Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gewese Bok-flank pak Kings in Baai

Die oud-Springbok Jean Deysel is fiks verklaar om die Southern Kings Sondag in Port Elizabeth te pak.

Die Kings speel in die Nelson Mandelabaai-stadion in ’n Pro14-wedstryd teen Ulster.

As Deysel gekies word, sal dit sy 12de wedstryd vir die Ierse span wees.

Die veteraan-flank Jean Deysel kan dalk hierdie naweek vir Ulster teen die Kings speel. Foto: Getty Images

Dié 33-jarige veteraan, wat al meer as 200 eersterangse wedstryde agter die blad het, het ’n tyd lank met ’n kniebesering gesukkel.

Deysel het die meeste van sy eersterangse wedstryde vir die Haaie gespeel. Hy is verlede jaar eers Munster toe en het hom daarna by Ulster aangesluit.

Hy was in vier toetse vir die Springbokke in aksie.

Nog ’n Suid-Afrikaner wat vir Ulster speel, die veelsydige agterspeler Louis Ludik, sal egter nie teen die Kings in aksie wees nie.

Ludik sukkel nes Ulster en Ierland se kaptein, Rory Best, met ’n dyspierbesering.

Nog drie van Ulster se spelers wat gereeld vir Ierland speel, sal ook nie die Kings pak nie.

Hulle is die vleuel Jacob Stockdale (dyspier), senter Luke Marshall (knie) en voorryman Marty Moore (knie).

Die belowende voorryman Tom O’Toole het wel van sy beenbesering herstel en is slaggereed.

Dis intussen steeds onseker of die Kings se jong heelagter Michael Botha betyds van sy liesbesering sal herstel om teen Ulster te speel.

Volgens ’n woordvoerder van die Kings sal daar eers Vrydag oor Botha se beskikbaarheid besluit word.

Hy het reeds die afgelope naweek se kragmeting met die Dragons weens die besering misgeloop.

Yaw Penxe het toe van vleuel na heelagter geskuif en Bjorn Basson het sy debuut in Penxe se plek op vleuel gemaak.

Meer oor:  Ulster  |  Pro14  |  Kings  |  Jean Deysel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.