Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gewese Franse vleuel Dominici (48) sterf skielik
Christophe Dominici
Christophe Dominici druk een van sy 25 toetsdrieë vir Frankryk. Foto: Getty Images

’n Lid van die Franse rugbyspan wat die All Blacks in 1999 en 2007 se Wêreldbeker-toernooie geskok het, Christophe Dominici, is Dinsdag skielik in die ouderdom van 48 oorlede.

Die presiese omstandighede van sy dood is nog onduidelik, maar die Franse nuusagentskap AFP berig dat hy glo sy eie lewe geneem het.

Dominici het Frankryk in 67 toetse verteenwoordig en 25 drieë vir Les Bleus gedruk. Een van daardie drieë was in die Hane se beroemde sege in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi van 1999 teen die All Blacks op Twickenham in Londen.

Die vleuel het Frankryk gehelp om vier Sesnasies-titels te verower, wat twee Grand Slam-titels ingesluit het.

Hy het 142 keer vir sy klubspan, Stade Francais, gespeel, voordat hy in 2008 sy rugbystewels opgehang het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.