Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gewese Griekwa-kaptein Glasgow toe

Kyle Steyn, voormalige kaptein van die Griekwas wat sewesrugby vir Skotland speel, het ’n kontrak met die Glasgow Warriors gesluit.

Kyle Steyn word deur ’n Australiese speler platgetrek in die Kaapstad-sewestoernooi in Desember 2018. Foto: Getty Images

Die 25-jarige Steyn, wat ewe tuis op senter en vleuel is, sal hom in Junie, wanneer sy kontrak met die Skotse sewesspan verstryk, by Dave Rennie, afrigter van die Warriors, en sy nuwe spanmaats aansluit.

Steyn het sy buiging in 2017 vir die Poubloues gemaak en die span in 2018 se Curriebeker-reeks aangevoer. Hy het ook die eerste van sy ses toernooie vir die Skotte se sewesspan in 2018 gespeel.

Steyn sê in ’n verklaring van die Warriors hy is verheug oor dié nuwe toekomsgeleentheid.

“Glasgow is ’n reusagtige klub, wat goeie rugby speel, so ek kan nie méér gelukkig wees nie. Ek het so baie geleer deur sewes te speel, dit help my baie op die aanval en verdediging,” sê hy.

Steyn, seun van Rory Steyn, oudlyfwag van wyle oudpres. Nelson Mandela, kwalifiseer deur sy ma, wat in Skotland gebore is, om dié land te verteenwoordig.

Die Warriors spog met nog spelers met Suid-Afrikaanse wortels soos die vleuel D.T.H. van der Merwe en die voorryman Petrus du Plessis op sy boeke. – Sportredaksie

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.