Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Barend Britz in Frankryk vermoor

Die oud-rugbyspeler Barend Britz is Donderdagaand in ’n aanval in sy kroeg in Perpignan, Frankryk, beseer en net daarna in die hospitaal dood.

Britz (63), ’n slot in sy speeldae, wat die kroeg Bar and Britz in die suide van Frankryk besit het, is aangeval deur ’n man wat sy kroeg verwoes het. Luidens berigte in die Franse media het Britz aan sy beserings dood met sy aankoms by die hospitaal in Perpignan.

Die aanvaller het glo stoele rondgegooi en vensters stukkend geslaan voordat hy Britz verskeie kere oor die kop geslaan het.

Volgens lindependant.fr sê ’n ooggetuie dat die aanvaller omstreeks 21:00 by die kroeg ingebars het. Britz het glo probeer om die man te kalmeer, maar hy is verskeie kere oor die kop geslaan.

Volgens sy seun Barend is twee mans in hegtenis geneem, aldus SupaRugby.

Britz het in die tagtigerjare provinsiale rugby vir Transvaal (Goue Leeus) en Noord-Transvaal (Blou Bulle) gespeel, voordat hy na Frankryk verhuis het en tot sy uittrede in 1996 vir Perpignan gespeel het. – Sport24, Sportredaksie

Meer oor:  Frankryk  |  Vermoor  |  Rugby  |  Perpignan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.