Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wallabies se Horwill klaar met rugby

Die voormalige Wallaby-kaptein James Horwill gaan sy stewels aan die einde van die Engelse rugbyseisoen ophang.

Die gordyn gaan eersdaags oor die loopbaan van James Horwill sak. Foto: Getty Images

Dié slot, wat in die laaste week van sy loopbaan (in Mei) 34 jaar oud word, het daarteen besluit om ’n vyfde seisoen vir die Engelse klub Harlequins te speel.

Horwill, wat lank vir die Queensland Reds uitgedraf en hulle ook aangevoer het, het Australië in 16 toetse op die veld gelei.

“Ek het hierdie fantastiese spel alles wat ek het, gegee,” het Horwill volgens bbc.com gesê.

“Ek voel net ek kan nie meer bied wat van ’n mens vereis word as jy op elite-vlak speel nie,” het hy sy besluit om uit te tree, verduidelik.

“Rugby was baie jare ’n belangrike deel van my lewe. Ek het in my wildste drome nooit gedink dat ek so ’n loopbaan sou hê nie.”

Horwill het sy debuut as beroepspeler in 2006 gemaak en die Wallabies die eerste keer in 2007 verteenwoordig. Hy het in 62 toetse vir sy land uitgedraf en was die Wallabies se kaptein in die Wêreldbekertoernooi in 2011. Hy het die Reds daardie jaar as kaptein tot die Superrugby-titel help aanvoer.

Sy laaste wedstryd as beroepspeler is op 3 Mei teen Leicester. – Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Harlequins  |  James Horwill  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.