Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gewilde rugbystem Kaunda sterf
Kaunda Ntunja in 2013 by die Curriebeker-wedstryd tussen die Haaie en die Goue Leeus in Durban. Foto: Gallo Images
Kaunda Ntunja in 2004 toe hy vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel het. Foto: Galo Images

Kaunda Ntunja, ’n voormalige kaptein van die Vrystaat en die Suid-Afrikaanse Skolespan, is Maandag dood.

Ntunja (38) se afsterwe is op sosiale media deur sy suster Tando bevestig. Sy laaste werkgewer, SuperSport, waar hy sedert 2009 as ’n Xhosa-rugbykommentator uitgesaai, het dit ook bevestig.

Hulle sal later vandag ’n verklaring daaroor uitreik het Clinton van den Berg, SuperSport se woordvoerder, by navraag laat weet.

“Dit is hartseer dat ek die afsterwe van ons geliefde broer Kaunda Ntunja moet aankondig,” het sy suster op Twitter geskryf.

“Soos julle kan dink, probeer ons nog sin maak van die tragiese nuus en ons vra vir jul liefde, ondersteuning en diskresie terwyl ons voorberei om my ouer broer ter ruste te lê.”

Ntunja was ’n uitsonderlike Xhosa-kommentator en het groot vermaak verskaf aan kykers, selfs dié wat nie die taal magtig is nie.

In sy dae as speler het hy as flank uitgedraf vir die Suid-Afrikaanse Skolespan (kaptein) en was hy ook deel van die Vrystaat-Cheetahs se span wat die Curriebeker in 2005 gewen het.

Dit is nog onseker of hy aan Covid-19 dood is.

* Meer nuus volg later.

Meer oor:  Kaunda Ntunja  |  Rugby  |  Supersport  |  Cheetahs  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.