Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Giant terug om Olifante oemf te gee

Die ervare slot Giant Mtyanda is terug in die land nadat hy Rovigo gehelp het om die Italiaanse klubkampioen te word.

Giant Mtyanda in aksie vir Rovigo. Hy is Saterdag een van die OP se plaasvervangers teen die Valke. Foto: Facebook

Mtyanda sal Vrydag as plaasvervanger vir die Oostelike Provinsie diens doen wanneer dié Oos-Kaapse span in Brakpan teen die Valke gaan probeer om vir die halfeindronde van die Curriebeker se Eerste Liga te kwalifiseer.

Selfs al wen die OP-Olifante, is dit nie ’n uitgemaakte saak dat hulle volgende naweek se uitspeelronde gaan haal nie. Die uitslae van die ander wedstryde wat hierdie naweek gespeel gaan word, sal ’n invloed op die finale puntestand hê.

In hierdie stadium is die Luiperds en die Griffons seker van hul plek.

Die Boland lyk ook veilig, maar vir die OP, Valke en Grens wag daar nog ’n paar benoude oomblikke.

Die Luiperds is met 21 punte die voorlopers op die puntelys, met die Griffons tweede (20).

Dan volg die Boland (16), Valke (13), Grens (11), OP (11) en die SWD-Arende (6).

Die bepalings is: Vrydag: Valke om 13:00 teen die OP in die Bosman-stadion in Brakpan; Saterdag: Luiperds om 13:00 teen Grens op Olënpark in Potchefstroom; Griffons om 15:00 in die Griffons-stadion in Welkom teen Boland.

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Olifante  |  Op  |  Eerste Liga  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.