Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Giteau speler én afrigter by Toulon

Die Wallaby-agterspeler Matt Giteau sal sy loopbaan by die Franse klubspan Toulon afsluit as speler en agterlynafrigter.

Matt Giteau gaan sy loopbaan by Toulon as speler en afrigter afsluit. Foto: Getty Images

Giteau se “promosie” volg op die skuif om Richard Cockerill in Mike Ford se plek as hoofafrigter aan te stel. Cockerill, wat in Januarie as ’n hulpafrigter aangestel is, sal die voormalige Franse haker Marc Dal Maso as voorspelerafrigter hê.

Die 34-jarige Giteau sal nou in beheer wees van ’n agterlyn wat spog met groot rugbyname soos Ma’a Nonu, Bryan Habana, Mathieu Bastareaud, Maxime Mermoz, Drew Mitchell en James O’Connor.

Giteau het reeds in Januarie aangekondig dat hierdie sy laaste seisoen in Frankryk sal wees voordat hy in Japan gaan speel.

Die voormalige Hane-skrumskakel Fabien Galthié neem aanstaande seisoen die leisels as Toulon se breier oor.

Toulon kou klippe sedert Bernard Laporte verlede jaar sy tasse as afrigter gepak het. Die Argentyn Diego Dominguez is ná ’n paar weke in die pad gesteek en nou het Ford ook die trekpas gekry.

Ford (51) se vertrek kom ná Toulon se uitskakeling, deur Clermont, in die Europese Kampioeneliga se kwarteindronde die afgelope naweek. Toulon is vierde op die Franse Top14-puntelys, maar 23 punte agter die voorlopers, La Rochelle, en slegs vyf punte voor Toulouse, in die tiende plek.

– Reuters

Meer oor:  Toulon  |  Matt Giteau
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.