Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Glad nie goed genoeg, erken Leeus se Ross
Die Leeus se Ross Cronje breek Saterdag weg met die bal in die Curriebeker-kragmeting met die Leeus op Ellispark.Foto: Gallo Images

Dit maak baie seer om só te verloor, veral as dit by die huis is, het Ivan van Rooyen, die Leeus se afrigter, Saterdagaand gesê nadat sy span hul onoorwonne status in die Curriebeker-rugbyreeks teen die Blou Bulle prysgegee het.

Die span van Pretoria het alles behalwe na die span aan die voetenent van die punteleer gelyk in sy oorwinning van 31-26 op Ellispark, terwyl die Leeus weer na alles behalwe die enigste onoorwonne span gelyk het.

Ross Cronjé, die Leeus-kaptein, het nie doekies omgedraai nie en erken: “Ons was net nie vandag aangeskakel nie en hierdie vertoning was nie goed genoeg nie.

“Ons het die een fout ná die ander begaan en hulle (Bulle) was veel hongerder as ons vir die sukses.

Ons het die een fout ná die ander begaan en hulle (Bulle) was veel hongerder as ons vir die sukses.
Ross Cronjé

“Ons kon geen momentum opbou nie en hierdie was van die eerste oomblik af ’n baie teleurstellende vertoning.”

Al het die Leeus teen die einde hard geveg om nog die vet uit die vuur te probeer krap, het Van Rooyen toegegee sy span sal waarskynlik meer wys word uit hierdie nederlaag as wat dit weer ’n geval sou wees dat hulle teen die einde deurgeskraap het vir ’n oorwinning.

“Ons het geleenthede geskep, maar dit net nie gebruik nie. Dit was regtig ’n vreemde soort wedstryd vir ons, maar geluk aan die Bulle, hulle was desperaat om vandag te wen en het dit reggekry.

DF
Die Suid-Afrikaner Cwengile Jadezweni.

“Dit gaan ’n opwindende week vir ons wees om voor te berei vir die volgende stryd (Sondag op Ellispark teen die Haaie) en ek sien uit daarna om te ervaar hoe ons hierdie lesse in werking gaan stel in die oefeninge,” sê hy.

Die Leeus se dissipline was swak en hulle is kwaai gestraf deur die skeidsregter, Cwengile Jadezweni.

Tog kon die Leeus nie eens die skuld vir hierdie nederlaag voor sy deur lê nie.

“Die skeidsregter was baie goed en hy het die wedstryd uitstekend gehanteer,” het Cronjé gesê.

Tog was dit ’n geval dat Jadezweni heeltemal te opsigtelik was in hierdie kragmeting waarin sy fluitjie oortyd gewerk het en daar talle onderbrekings was vir nabetragting.

Die Bulle het selfs drie kaarte ontvang – een rooie – en na albei kante toe is die spanne met tye erg gestraf.

Meer oor:  Ross Cronjé  |  Ellispark  |  Johannesburg  |  Bulle  |  Rooikaart  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Skeidsregter  |  Lees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.