Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Glimlaggende Specman help Spanje slag

Met ’n breë glimlag op sy gesig het Rosko Specman Vrydag oor die veld gehardloop om die Blitsbokke se eerste drie in hul tweede wedstryd by die Doebai-sewesrugbytoernooi te druk.

Die Blitsbok Rosko Specman het dit duidelik gate uit geniet teen Spanje. Foto: Getty Images

Suid-Afrika het vyf drieë ingeryg om Spanje met 35-5 te klop in die eerste toernooi van die nuwe seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks.

Die Blitsbokke het te veel skietgoed vir die Spanjaarde gehad en dit was goed om te sien dat iemand soos Specman dit op die veld geniet het.

In die eerste minuut of so het Spanje balbesit oorheers en het Ryan Oosthuizen en Zain Davids elkeen ’n duikslag verbrou. Maar Oosthuizen het kort daarna opgemaak deur skitterende omgekeerde balbesit te wen.

Ruhan Nel was ook op sy stukke en het ’n keer of wat goed veld gewen vir Suid-Afrika.

Die Blitsbokke se laaste groepwedstryd is om 17:54 teen Engeland, wat ook steeds onoorwonne is.

Die grootste opskudding tot dusver is deur Argentinië gelewer, wat Fidji Vrydag met 24-21 geklop het.

* Puntemakers:

Suid-Afrika 35 (14): Drieë: Rosko Specman (2), Chris Dry, Siviwe Soyizwapi, JC Pretorius. Doelskoppe: Justin Geduld (2), Selvyn Davids (3).

Spanje 5 (0): Drie: Pol Pla.

Meer oor:  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.