Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gloucester hard getref deur speler-uittog

Die Engelse klubspan Gloucester is deur ’n groot uittog getref met nie minder nie as agt spelers, waaronder drie Suid-Afrikaners, wat hom verlaat.

Franco Mostert is een van agt spelers wat Gloucester verlaat. Foto: Getty Images

Die span het Vrydag bevestig dat hy die dienste van onder meer Franco Mostert, Franco Marais en Ruan Dreyer kwyt is.

Rapport het verlede week oor Marais se skuif na Johan Ackermann se Japanse klubspan, die NTT Docomo Red Hurricanes, berig.

Owen Williams en Tom Marshall sal hulle na verwagting ook by Ackermann se span aansluit, terwyl Mostert al lank met ’n skuif na die Japanse klubspan Honda Heat verbind word.

Williams, wat al drie toetse vir Wallis gespeel het, se skuif na Japan maak hom nie kiesbaar vir die Rooi Drake nie.

Hy is vanjaar as ’n plaasvervanger in Wallis se groep vir die Sesnasies-reeks ingesluit en geoormerk vir sy eerste proesel toetsrugby sedert 2017, maar sy terugkeer is deur ’n besering belemmer.

In dié stadium is dit nog onbekend waarheen Dreyer skuif.

“Beserings het Dreyer se tyd op die veld beperk, maar hy was ’n aanwins vir die groep,” sê Gloucester in ’n verklaring.

Verder sal Callum Braley, Aaron Hinkley en Simon Linsell se paaie met die van die klub skei.

Braley sal by Benetton in die Pro14-reeks inval, terwyl Hinkley hom by Exeter Chief gaan aansluit en Linsell na die Ealing Trailfinders skuif.

Lance Bradley, uitvoerende hoof van Gloucester, het die spelers sterkte met hul nuwe hoofstuk toegewens.

“Waar dit altyd hartseer is om te sien hoe spelers die klub verlaat, wens ons hulle nietemin alles van die beste toe vir die toekoms,” het hy gesê.

“Ons beplan natuurlik al ’n geruime tyd vir die uittog en sal ’n mededingende span hê soos wat ons kyk na die hervatting van die 2019-’20-seisoen. Besonderhede hieroor sal binnekort bekend gemaak word.”

Meer oor:  Ruan Dreyer  |  Franco Mostert  |  Japan  |  Suid-Afrika  |  Gloucester  |  Wallis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.