Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gold Cup kry straks nuwe Rassie-baadjie

Die besluit om die Gold Cup-reeks vir klubs onder Rassie Erasmus se bestuur te plaas, voorspel net goeie dinge vir die toekoms van klubrugby in die land.

Dit beteken dit is die eerste amateurkompetisie van SA rugby wat onder die beheer van die professionele been van SA Rugby geplaas word en beklemtoon die erns wat SA Rugby tans het om klubrugby as ’n voedingsbron vir die professionele stelsel aan te wend.

Rustenburg Impala hou die beker omhoog nadat hulle Durbanville Bellville verlede jaar in Rustenburg in die eindstryd van die Gold Cup-reeks vir klubspanne geklop het. Foto: Gallo Images

Die besluit is Donderdag op die vergadering van nie-franchises in Johannesburg bekend gemaak.

Erasmus sal as die direkteur van rugby die Gold Cup deel van sy pligstaat maak.

Een van die grootste redes vir die skuif is Erasmus se visie dat meer jong belowende spelers, geïdentifiseer sal kan word.

Terwyl die meeste van die beste skoolverlaters reeds deur unies opgeraap word, is daar talle voorbeelde van spelers wat gemis is en die harde pad geloop het om bo uit te kom.

Die Wêreldbekerheld Makazole Mapimpi is so ’n voorbeeld. Hy het tot onlangs nog klubrugby in Oos-Londen gespeel, voordat die Kings hom ’n kans gegee het. Marco van Staden, wat sonder ’n kontrak by Tuks aangekom het en binne ’n jaar ’n Springbok geword het, is nog so voorbeeld.

Die skuif is ook in pas met SA Rugby se planne om die Gold Cup in ’n verbeterde landwye uitklopkompetisie te omskep, om sodoende klubrugby oral in die land ’n hupstoot te gee en die verlies aan jong spelers wat oorsee gaan, ook hok te slaan.

Met die verandering aan die kontrakteringsmodel verlede jaar is die hoeveelheid professionele spelers van 900 na sowat 450 verminder, en SA Rugby wil probeer keer dat dié wat nie al oorsee ’n tuiste gevind het nie, sal aanhou rugby speel.

Volgens ’n besprekingsdokument wat reeds na klubs gestuur is en wat Rapport het, wil SA Rugby die Gold Cup in ’n gemeenskapsgegronde kompetisie omskep, wat uiteindelik deur 144 klubs oor die land heen gespeel sal word.

Die kompetisie sal min of meer op die suksesvolle Engelse sokker-uitklopbeker – die FA Cup – gegrond word. Terwyl dit al aan die klubs voorgestel is, moet die kompetisie nog eers die nodige goedkeuring van die provinsiale unies kry.

Volgens die besprekingsdokument is die samestelling van die beoogde 144 spanne in die kompetisie so gedoen:

  • Die verdedigende kampioenspan, asook die 15 provinsiale klubkampioenspanne sal deel vorm van die kompetisie met die ander 128 spanne wat almal Suid-Afrikaanse klubs sal wees.
  • Die eerste drie rondes van die kompetisie sal streekgewys gespeel word. Die provinsiale klubkampioene sal eers van die vierde ronde af speel. Die toernooi sal van einde Maart tot in September gespeel word.
Meer oor:  Rassie Erasmus  |  Bestuur  |  Klubrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.