Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Gold se troepe kry op hul baadjie

Amerika is een van twee van die sogenaamde kleiner rugbylande wat later vanjaar aan die Wêreldbekertoernooi deelneem, wat die afgelope naweek vasgeval het.

Gary Gold, afrigter van die Eagles. Foto: Getty Images

Die Eagles, afgerig deur die Suid-Afrikaner Gary Gold, het die eerste keer sedert 2017 in die Amerikas-rugbykampioenskap verloor, toe ’n Argentynse 15-tal hulle met 45-14 in Cipoletti (Argentinië) afgeransel het.

Vir Amerika, wat die afgelope twee jaar dié kompetisie gewen en hom in die Wêreldbekertoernooi saam met Engeland, Frankryk, Argentinië en Tonga in dieselfde groep bevind, sal die nederlaag ’n terugslag wees.

Daar word groot verwagtinge vir Gold en sy troepe gekoester, wat met ’n sterk Suid-Afrikaanse teenwoordigheid in sy span spog. Boonop is die oud-Bok Jaque Fourie onlangs as die span se verdedigingsafrigter aangestel.

In ’n ander opskudding het Brasilië vir Kanada met 18-9 in São José dos Campos pak slae gegee.

Die Kanadese ding in die Wêreldbekertoernooi in dieselfde groep mee as Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Namibië en Italië.

In die ander wedstryd in die kampioenskap het Uruguay Chili met 20-5 geklop. – Sportredaksie

Meer oor:  Gary Gold  |  Jaque Fourie  |  Amerika  |  Kanada  |  Eagles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.