Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Johan Goosen jeuk om weer op te draf

Die voormalige Springbok-losskakel Johan Goosen jeuk na ’n afwesigheid van ’n jaar en vier maande behoorlik om Vrydag weer in ’n rugbywedstryd op te draf.

“Ek is baie opgewonde en ek het vlinders in die maag oor die wedstryd,” sê Goosen terwyl hy met sy vingers letterlik wys hoe kriewelrig die vooruitsig hom het.

Johan Goosen maak Vrydag se langverwagte terugkeer tot die speelveld, wanneer hy op losskakel vir die Cheetahs teen Munster in ’n Pro14-kragmeting in die Toyota-stadion in Bloemfontein uitdraf. Foto: Mlungisi Louw

“Ek dink ek gaan hoendervel kry as ek opdraf. Dis hier waar alles vir my begin het. Jy moet nooit vergeet van waar jy kom nie. Dit is hoekom ek so dankbaar is vir die geleentheid. Ek kan nie wag om te speel nie.”

Goosen lyk sommer uitgehonger om te speel. Hy was Donderdag met die kapteinsoefening lank na sy spanmaats reeds weg is, besig om sy stelskoppe in die Toyota-stadion te oefen.

Hy sê as enigiemand hom ’n jaar gelede gevra het of hy vir die Cheetahs, wat nog te sê Pro14-rugby, sou speel, sou hy dit nie kon dink nie.

“Ek sien die meeste daarna uit om voor die wedstryd saam met my spanmaats in die kleedkamer byeen te kom en dan saam met hulle uit te draf. Ek het dít baie gemis,” sê Goosen.

Sy laaste mededingende wedstryd was in Desember 2016 vir sy Franse klubspan Racing92. Hy het in 2014 laas vir die Cheetahs gespeel en is vir Vrydag se Pro14-stryd teen Munster bo Niel Marais – wat na binnesenter skuif – op losskakel gekies.

Goosen het verlede maand, toe hy by die Cheetahs aangesluit het vir oefening, gesê hy dink vir eers nie aan Springbokrugby nie.

Met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, wat Vrydag ’n gas van die Cheetahs is vir die wedstryd teen sy ou span, sal Goosen beslis sy beste voet wil voorsit.

“Ek is beskikbaar vir die Cheetahs tot wanneer ek Montpellier toe gaan (in Julie). As hulle my nodig het en as ek die span haal, is ek tot hulle beskikking,” sê Goosen.

Hy is een van slegs twee veranderinge in die beginspan.

Die losskakel Marais vervang vir Clinton Swart op senter.

Die agtsteman CJ Stander sal soos die vorige wedstryd teen die Cheetahs, wat Munster met 51-18 gewen het, weer nie teen hulle in aksie wees nie.

Die flank Peter O’Mahony is die nuwe kaptein in die plek van die Suid-Afrikaner.

Munster se Suid-Afrikaanse afrigter, Johann van Graan, het nege veranderinge aangebring.

Van die topspelers kry glo ruskans vanweë volgende week se Europese Beker-halfeindstryd teen Bordeaux in Frankryk.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Francois Venter (k), Niel Marais, Rabs Maxwane, Johan Goosen, Tian Meyer, Uzair Cassiem, Oupa Mohoje, Tier Schoeman, Reniel Hugo, Carl Wegner, Aranos Coetzee, Torsten van Jaarsveld, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Tom Botha, Charles Marais, Rynier Bernardo, Henco Venter, Zee Mkhabela, Clinton Swart, AJ Coertzen.

Munster: Simon Zebo, Andrew Conway, Sammy Arnold, Dan Goggin, Darren Sweetnam, JJ Hanrahan, James Hart, Robin Copeland, Jack O’Donoghue, Peter O’Mahony (k), Billy Holland, Gerbrandt Grobler, John Ryan, Niall Scannell, Brian Scott. PLAASVERVANGERS: Rhys Marshall, Dave Kilcoyne, Stephen Archer, Dave O’Callaghan, Conor Oliver, Conor Murray, Ian Keatley, Rory Scannell.

Skeidsregter: Mike Adamson (Skot).

Assistent-skeidsregter: Lloyd Linton (Skot) en Ben Crouse (SA).

TV-skeidsregter: Shaun Veldsman (SA)).

Afskop: 19:35 (SS 1).

Meer oor:  Munster  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Johan Goosen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.