Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Goosen se koms na Loftus bevestig

Dis nou amptelik: Johan Goosen word ’n Bul.

Die veelsydige Springbok-agterspeler Johan Goosen word op 1 Julie ’n Ligbloue. Foto: Getty Images

Dit was geen verrassing toe die Blou Bulle Maatskappy (BBM) Vrydag aangekondig het hy het ’n kontrak met dié 28-jarige Springbok gesluit nie.

Goosen, wat tans vir die Franse klub Montpellier speel, sit sy loopbaan van 1 Julie af in Pretoria voort.

By Loftus Versfeld word Goosen, wat losskakel, senter en heelagter kan speel, as die grootste aanwins in die Jake White-era beskou. Daar word by die Bulle gehoop dat Goosen, wat in 2012 as ’n 20-jarige sy eerste toets vir die Bokke gespeel het, onder White ’n wedstrydwenner vir die span kan wees.

“Ons sien baie uit na sy koms en die bydrae wat hy kan lewer,” sê White in ’n verklaring.

“Hy het sedert die begin van sy loopbaan deurgaans op die hoogste vlak presteer en sy ervaring gaan waardevol wees vir ons jong agterspelers.”

Die Bul-breier glo Goosen gaan die span ook ’n nuwe aanvallende dinamika gee.

Willem Strauss, president van die Bulle, sê Goosen het sy ongelooflike talent onderstreep toe hy in die 2015/’16 Franse seisoen as die Top14 se Speler van die Jaar aangewys is.

“Hy het daardie seisoen buitesenter vir Racing 92 gespeel omdat Dan Carter die losskakel was. Dit sê baie van sy vermoëns.”

Die Bulle het nog nie aangedui of Morné Steyn sy tyd by Loftus gaan verleng en, indien wel, in watter hoedanigheid nie.

Goosen word nou as die voorkeurlosskakel beskou en Chris Smith is die ander erkende nr. 10 in die groep.

Goosen is die tweede speler van Montpellier wat die afgelope week kontrakte met die Bulle bevestig het.

Jacques du Plessis, ’n voormalige Bul wat sedert 2015 sy rugby in die suide van Frankryk gespeel het, het hom vir die volgende drie seisoene tot die Bulle verbind en sal ook op 1 Julie amptelik by Loftus aanmeld.

Die Bulle het dit ook oorweeg om met die Springbok-senter van Wasps, Juan de Jongh, te onderhandel.

Edgar Rathbone, die BBM se uitvoerende hoof, het bevestig hulle het navraag gedoen oor De Jongh se beskikbaarheid, maar daar het niks verder van gekom nie.

• Die omwenteling by Loftus Versfeld die afgelope jaar was omvangryk. Net nege spelers wat in Maart verlede jaar in die Bul-toergroep van 27 was wat na Australasië in die Superreeks (toe Pote Human nog die span afgerig het) vertrek het, is steeds by die unie.

Meer oor:  Johan Goosen  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.