Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Goosen Vrydag terug op rugbyveld

Die voormalige Springbok-losskakel Johan Goosen kan Vrydag in Bloemfontein met die nuwe Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, in die skare wys dat hy nie vir Bokrugby oor die hoof gesien moet word nie.

Johan Goosen tydens sy eerste oefening saam met die Cheetahs, hy kan straks Vrydag sy terugkeer tot mededingende rugby in die Pro14-reeks maak. Foto: Mlungisi Louw

Goosen (25) kan sy terugkeer tot die spel vir die Cheetahs in hul Pro14-wedstryd in Bloemfontein teen Munster maak, ’n span wat voorheen deur Erasmus afgerig is.

Goosen het reeds Maandag op losskakel saam met die Cheetahs geoefen, terwyl die losskakel Niel Marais weer op senter gaan staan het.

Dit kan een van twee moontlike veranderinge in die Cheetahs se agterlyn te wees.

Die vleuel William Small-Smith is in ’n stryd teen tyd om te herstel nadat hy ’n kniebesering in die vorige wedstryd teen die Cardiff Blues opgedoen het.

Veelsydige agterspelers soos AJ Coertzen en Lloyd Greeff kan in sy plek oorweeg word.

Johan Goosen kan sy Pro14-buiging vir die Cheetahs Vrydag teen Munster in Bloemfontein maak. Foto: Mlungisi Louw

Goosen het op 12 Maart saam met die Cheetahs begin oefen en sy terugkeer tot die speelveld kon nie op ’n beter tyd gekom het nie, met Erasmus wat die wedstryd teen sy ou span as gas van die Cheetahs kom kyk.

Goosen, wat in 13 toetse vir die Bokke gespeel het, het in 2014 laas vir die Cheetahs uitgedraf en was in November 2016 in sy laaste amptelike rugbywedstryd in aksie vir sy Franse klubspan Racing92.

Hy speel voortaan sy rugby vir nog ’n Franse klubspan, Montpellier. Hy sal hom in Julie by hulle aansluit.

Goosen is in 2016 as die beste speler in die Franse Top14-liga aangewys.

Vier losskakels is na die eerste twee Springbok-oefenkampe genooi. Die derde en laaste oefenkamp word volgende week gehou.

Suid-Afrika beskik nog nie oor ’n Springbok-span met Erasmus aan die stuur nie.

Die tweede Springbok-oefenkamp, wat spelers van die Stormers en Leeus insluit, het Sondag by die Riverside Sun-oord in Vanderbijlpark begin het word Woensdag afgesluit.

Johan Goosen tydens ’n vroeëre Cheetah-oefening in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Die Bokke pak Engeland in Johannesburg (9 Junie), Bloemfontein (16 Junie) en Kaapstad (23 Junie) nadat hulle uit die VSA teruggekeer het waar hulle op 2 Junie in Washington D.C. ’n vertoonwedstryd teen Wallis speel.

* Intussen sal die Cheetahs Woensdag en Donderdag hul voorbereiding vir die wedstryd teen Munster afsluit.

Hulle moet nog die plaasvervangersbank finaliseer nadat ’n paar spelers ook nie aan Maandag se oefening deelgeneem het nie.

Dit sal ook nie verras as ’n speler soos die gewese Springbok-skrumskakel Rudy Paige speelkans kry nie. Dit sal beteken dat Zee Mkhabela in die slag bly.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Johan Goosen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.