Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Greenpeace kritiseer All Black-borgskap

Greenpeace het misluk in sy veldtog om die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) se vennootskap met ’n petrochemiese maatskappy te kelder.

Greenpeace is ontevrede met die All Blacks se nuwe borg. Foto: Getty Images

Stuff berig die NZR het Donderdag bevestig hy het ’n borgskap-ooreenkoms van ses jaar met Ineos gesluit. Die Ineos-logo sal van 2022 af op die agterkant van die speelbroeke en die voorkant van die oefentruie van al die NZR se internasionale spanne (die All Blacks, Black Ferns, All Blacks-sewesspan, Black Ferns-sewesspan, Maori All Blacks, All Blacks-vyftiental en o.20-All Blacks) verskyn.

Ineos is ’n Britse petrochemiese olie- en gaskonglomeraat met sy hoofkantoor in Londen.

Volgens Greenpeace is Ineos een van slegs 20 maatskappye wat verantwoordelik is vir die helfte van enkelgebruik-plastiekartikels wat wêreldwyd weggegooi word – en ’n groot speler in die gas- en oliesektor.

Dié omgewingsgroep het vroeër vanjaar ’n petisie begin om die NZR te oorreed om onderhandelinge met Ineos te staak.

Mark Robinson, grootbaas van die NZR, sê hy is opgewonde oor die nuwe vennootskap. Ineos is ook die hoofborg van Mercedes se Formule Een-span, besit twee van die voorste Europese sokkerklubs, en het die beroepsfietsryspan oorgekoop wat voorheen as Team Sky bekend gestaan het.

Greenpeace se Juressa Lee het Woensdag haar frustrasie in ’n verklaring te kenne gegee.

“Dit is ’n skop in die maag om te sien dat die NZR te midde van die klimaatkrisis ’n ooreenkoms sluit met ’n konglomeraat soos Ineos wat verantwoordelik is vir die besoedeling van ons oseane met plastiek en ’n dryfveer is agter ons klimaatkrisis,” sê sy.

– Sportredaksie

Meer oor:  Greenpeace  |  Ineos  |  Toetsrugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.