Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Grey-kollege Bloem kry Franse geurtjie
Jannie du Plessis (links), Frans Steyn (middel) en Bismarck du Plessis is drie oudleerlinge van Grey-kollege wat vir die Franse klub Montpellier speel.Foto: Getty Images

Grey-kollege se rugbyafrigters gaan voortaan toegang hê tot die “intellektuele kapitaal” van die Montpellier-rugbyklub in Frankryk.

Grey het Vrydag op ’n nuuskonferensie aangekondig hy het ’n drieledige ooreenkoms, wat vir vyf jaar geld, met ’n anonieme donateur gesluit. Dié weldoener het ’n noue verbintenis met Montpellier.

Die Badawi Legacy Trust sal die ooreenkoms administreer.

Volgens die ooreenkoms sal Grey se rugbyafrigters toegang hê tot die “intellektuele kapitaal van afrigtingsmetodes” van dié Franse klub wat in die Franse Top14-reeks meeding. Dit behels ook ’n uitruilooreenkoms vir rugbyafrigters.

“Dit is vir ons baie voordelig om Europese invloed hier by die skool te kry vir ons rugby,” sê Deon Scheepers, hoof van Grey.

Dit is vir ons baie voordelig om Europese invloed hier by die skool te kry vir ons rugby.
Deon Scheepers

Hy benadruk dat daar nie van Grey se seuns verwag word om in Frankryk te gaan rugby speel nie.

“Daar is geen uitruilooreenkoms tussen Grey en Montpellier nie.”

Die ooreenkoms gaan ook die weg baan vir 50 seuns oor die volgende vyf jaar om by Grey skool te gaan.

“Dit sal vir seuns wat graag Grey toe wil kom, maar finansieel nie daartoe in staat is nie, die geleentheid bied om ’n leerling van Grey te word,” sê Scheepers.

Die 50 seuns sal volgens verdienste bepaal word, met die vereiste dat hulle wel rugby moet speel.

Grey-kollege se vleuel Pienaar van Niekerk vroeër vanjaar in aksie teen Paul Roos in Stellenbosch. Foto: Gallo Images

Die donateur sal ook vanaf 2018 die aanstelling van ’n Franse onderwyser aan die skool vir ’n tydperk van vyf jaar befonds. Dit sal aan alle leerlinge die geleentheid bied om Frans as ’n vak te neem.

Scheepers sê die ooreenkoms het ontstaan omdat die donateur verskeie oud-Grey-leerlinge soos Bismarck en Jannie du Plessis, Frans Steyn, Ruan Pienaar en Henry Immelman by Montpellier leer ken het.

“Hy was beïndruk met die tipe spelers wat sy pad gekruis het, maar veral met dít waarvoor hierdie seuns staan, die respek wat hulle betoon en hul lojaliteit.

“Die seuns het een ding gemeen gehad en dit is dat hulle van Grey afkomstig is,” sê Scheepers.

Hy sê daar is “geen verwagting” van die donateur nie. “Die skool sal die ooreenkoms jaarliks evalueer en as dit nie voordelig is vir die skool nie, kan ons daarvan wegstap.”

Meer oor:  Frans Steyn  |  Jannie Du Plessis  |  Frankryk  |  Grey  |  Montpellier  |  Rugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.