Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Grey se George voer Junior Bokke aan

George Cronjé, ’n oudleerling van Grey Kollege wat reeds sy senior provinsiale buiging vir die Vrystaat gemaak het, sal vanjaar die Junior Bokke aanvoer.

Die voormalige SA Skole-kaptein George Cronjé sal die Junior Bokke aanvoer in hul reeks teen Uruguay, Argentinië en Georgië. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se o.20-span kom Vrydag in sy eerste wedstryd van ’n vierhoekige reeks teen Uruguay in Stellenbosch te staan. Argentinië en Georgië is die ander spanne in die reeks.

Cronjé, ’n losvoorspeler, is nie ’n vreemdeling wanneer dit daarby kom om spanne op die veld te lei nie. Hy het Grey in 2019 aangevoer en was daardie jaar die Suid-Afrikaanse Skolespan se kaptein in een wedstryd, teen Engeland se o.18-span.

Die 19-jarige Cronjé sê in ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, die realiteit van sy aanstelling het hom nie dadelik getref toe hy die nuus gekry het nie.

“Aanvanklik was ek net gelukkig, maar ’n paar minute later het die besef ingeskop dat die afrigter (Bafana Nhleko) ’n belangrike opdrag aan ons leiersgroep toevertrou het. Dit is iets wat ons na die beste van ons vermoë sal verrig,” sê Cronjé.

Die ander spelers wat deel sal vorm van die leierskapsgroep is Jordan Hendrikse (losskakel) en Siyemukela Ndlovu (lovoorspeler). Dié twee het albei in Durban skoolgegaan, Hendrikse by Glenwood High School en Ndlovu by Northwood.

Met Cronjé se aanstelling volg hy in die voetspore van bekendes soos CJ Stander (2010), Arno Botha (2011), Ruan Steenkamp (2013) en Handré Pollard (2014) wat tevore die Junior Bokke aangevoer het.

Nhleko sê Cronjé is iemand wat van voor lei en die span eerste stel.

“Hy is ’n stil persoon, maar die regte een om die groep in hierdie toernooi te lei. Hy is die tipe persoon wat die span eerste stel – wat juis een van die waardes van ons groep is.”

Intussen het Brandon Wilkie en Kian Meadon, albei losskakels, hulle aangesluit by die groep, wat nou uit 30 spelers bestaan. Meadon het in 2019 die SA Skolespan se nr. 10-trui gedra.

Quan Horn (senter) en Bradley Davids (skrumskakel) het reeds vroeër by die Junior Bokke aangemeld in die plekke van Zeilinga Strydom en Nico Steyn, wat hulle weens beserings moes onttrek.

Meer oor:  Junior Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.