Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Grey se makro-vleuel vat die pad na Frankryk

Grey-kollege se bielie-vleuel, Marcell Muller, is op pad Frankryk toe nadat hy nie by een van die 14 unies ’n aanbod gekry het om volgende jaar sy rugby plaaslik te speel nie.

Marcell Muller

Die Blitsbokke was die enigste plaaslike span wat in hom belang gestel het, maar dit was tevergeefs.

Jan-Harm van Wyk, sy agent en ’n voormalige vleuel van die Cheetahs, het bevestig dat die reus van ’n agterspeler op pad oorsee is.

Hy sal hom later vanjaar saam met Handré Pollard, Kade Wolhuter en Robbie Rodgers by Montpellier aansluit.

“Hy het letterlik wêreldwye belangstelling geniet,” het Van Wyk aan Rapport gesê.

Die Brumbies van Australië, ’n Japanse klubspan en selfs ’n universiteit in die VSA het onder meer belangstelling in Muller getoon.

Op 102 kg en 1,87 m is Muller ’n makro-vleuel. Hy het ook nie ’n gebrek aan vaart nie. Volgens Van Wyk hardloop Muller die 100 m in 11.1 sekondes.

Muller was aanvanklik vanjaar stadig uit die wegspringblokke. Hy was lank ’n plaasvervanger vir sy skool se eerste span.

Tydens die Cravenweekproewe het hy in ’n sewestoernooi in die VSA gespeel en kon hy nie deur die Vrystaat oorweeg word nie.

Namate die seisoen gevorder het, het sy skoolafrigters die beste uit die makro-vleuel gehaal sodat hy die jaar as een van die land se voorste skolevleuels afgesluit het.

Hy was veral verwoestend in Grey se laaste wedstryd teen Paul Roos. In dié wedstryd het hy sy 19de drie van die seisoen gedruk.

Muller is die vierde skolespeler wie se oorsese skuif bevestig is.

Wolhuter, Rodgers en FC du Plessis, losskakel van Grey, is die ander wat gou Frans moet leer praat.

Meer oor:  Grey-Kollege  |  Marcell Muller  |  Frankryk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.