Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Grey speel lag-lag met Boishaai klaar
Banie Britz, senter van Grey Kollege se eerste rugbyspan, soek Saterdag ’n gaping in die Paarl. Foto: Gallo Images

’n Drie kort voor die rustyd deur Juanré Breitenbach, haker van Grey Kollege se eerste rugbyspan, het vir alle praktiese doeleindes Saterdag die Hoër Jongenskool Paarl se doppie geklink.

Grey het vier drieë gedruk om die wedstryd met 37-3 in die Paarl gewen.

Soos verwag was dit ’n klipharde wedstryd, met die twee spanne wat mekaar aanvanklik in die eerste helfte goed uitgekyk het.

Die wenspan se losskakel, Jean Smith, het in die eerste helfte drie strafdoele deur die pale gejaag. Maar toe, oomblikke voordat die fluitjie vir rustyd blaas, het Breitenbach afgerond van ’n rolmaalbeweging.

Dit het die telling met die rustyd op 16-0 in die guns van die Bloemfonteiners gemaak.

Boishaai het ook geleenthede gehad om punte aan te teken, maar kon helaas nie afrond nie.

Boishaai het ook geleenthede gehad om punte aan te teken, maar kon helaas nie afrond nie. By een geleentheid het die tuisspan ’n lynstaan net ’n paar meter van Grey se doellyn gehad.

Die tuisspan se haker, Ruben Swanepoel, kon egter nie sy rankers vind nie en ’n gulde geleentheid om punte aan te teken was verlore.

Boonop het Boishaai se losskakel, Cobus Louw, in die eerste helfte ’n paar foute begaan. Hy het met ’n maklike poging pale toe misluk en by ’n ander geleentheid die bal direk oor die kantlyn geskop.

In die tweede helfte het Grey by tye die tipe rugby gespeel waarvoor hy bekend is. Die bal is vinniger deur die hande agterlyn langs gestuur.

Om egter sulke rugby te speel, het jy die bal nodig. Spelers soos Grey se agtsteman en kaptein, Nelius Volschenk, en Juann Else (stut) verdien pluimpies vir die manier waarop hulle omkeerbesit vir hul span verseker het.

Grey het goed daarin geslaag met rotsvaste verdediging Boishaai se agterlyn onder druk te plaas.

Maar anders as wat die telling aandui, was dit vir die grootste gedeelte van die wedstryd allermins eenrigtingverkeer.

Boishaai het in die tweede helfte verbete aangeval en soms meters veld gewen met rolmaalbewegings.

Caleb Abrahams, skrumskakel van Grey Kollege se eerste rugbyspan, Saterdag in aksie in die Paarl. Foto: Gallo Images

Maar die kere dat die tuisspan naby Grey se doellyn was, het hanteerfoute of ’n verlore bal in kontak kanse op punte in die wiele gery.

Op die keper beskou het die oorwinning behoort aan die span wat sy kanse beter benut het. Die Bloemfonteiners het feitlik elke geleentheid vir punte wat hul kant toe gekom het, benut.

Smith het met vier doelskoppe en drie strafdoele 17 punte tot sy span se telling bygedra.Boishaai se Meno Barnard (flank) was goed by die afbreekpunte en kan tevrede voel met sy vertoning.

Puntemakers: Grey Kollege 37 (16): Drieë: Juanré Breitenbach, Alfondso Isaacs, Caleb Abrahams, Banie Britz. Doelskoppe: Jean Smith (4). Strafdoele: Smith (3). Boishaai 3 (0): Strafdoel: Cobus Louw.

Meer oor:  Paarl  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Skolerugby  |  Boishaai  |  Grey Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.