Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW-speler op vingers getik oor landsvlag

Die rugbyspeler van Griekwas wat vandeesmaand met ’n ou en ’n nuwe landsvlag oor ’n rolbalbaan in Kimberley gehardloop het tydens ’n geslote spanbousessie, is op die vingers getik.

Jannie Louw. Foto: Facebook

Die Griekwaland-Wes Rugbyunie wil nie die speler se naam bekend maak nie en beskou die saak as afgehandel.

“Ná die aanhoor van getuienis was die komitee, bestaande uit adv. J.G. van Niekerk (SC) en adv. Thandisa Tyuthuza, tevrede dat daar bewys is dat die speler, hoewel hy geen bedoeling gehad het om aanstoot te gee nie, so gehandel het dat dit waarskynlik aanstoot op grond van ras kan gee,” lui die verklaring wat deur die unie uitgereik is.

Jannie Louw, president van Griekwas, het vroeër ontken dat die ou vlag in die gesig van ’n swart speler gedruk is. Hy het die voorval dadelik op die lappe gebring toe hy daarvan te hore gekom het.

“Om daardie rede is hy skuldig bevind aan ’n oortreding van Wêreldrugby se regulasies.

“Ná aanhoor van die getuienis is die speler onskuldig bevind daaraan dat sy optrede die spel rugby in oneer gebring het.”

Die speler is ’n boete van R10 000 opgelê waarvan R5 000 vir twee jaar opgeskort is.

“Die speler is ook vir vier wedstryde geskors wat vir twee jaar opgeskort is,” lui die verklaring.

Louw sê die saak word as afgehandel beskou en dat daar ’n puik gees in die span heers, veral ná ’n baie goeie oorwinning in ’n oefenwedstryd verlede naweek teen die Westelike Provinsie in Upington.

Griekwas het Woensdag in Mosselbaai aangekom vir Saterdag se opwarmingswedstryd teen die Suidwestelike Distrikte-Arende in die Van Riebeeck-stadion.

Meer oor:  Ou Vlag  |  Landsvlag  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.