Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas: Brent en Bergh loop voor

Die gewese Pumas-afrigter Brent Janse van Rensburg en die huidige Griekwas-hulpafrigter, Pieter Bergh, loop voor in die wedloop om dié week as die nuwe Griekwas-afrigter aangewys te word.

Brent Janse van Rensburg, voormalige breier van die Pumas, het sy oog op die pos as Griekwas-afrigter. Foto: Argief

Dit kom nadat ’n handvol kandidate op die kortlys – onder wie Janse van Rensburg, Bergh, die voormalige Leeus-breier Eugene Eloff en die Luiperds-afrigter, Jonathan Mokuena – verlede week vir onderhoude genooi is om voorleggings te doen.

Die Griekwas Rugbyunie het vroeër besluit om nie die huidige afrigter, Peter Engledow, se kontrak te hernu nie.

Die aankondiging oor wie Engledow sal opvolg, word vir Dinsdag beplan omdat Griekwas se bestuur die naweek by die Zambiese Sewestoernooi saam met hul span is en eers Maandag terugkeer.

Volgens Rapport se inligting was Eloff die enigste kandidaat met wie geen onderhoud gevoer is nie. Hy het wel ’n voorlegging per e-pos gedoen.

Mokuena, Janse van Rensburg en Bergh is almal deur die onderhoudsproses, met laasgenoemde twee wat na verneem word die grootste indruk gemaak het.

Daar is altesame 25 aansoeke vir die pos ontvang.

Die nuwe afrigter sal op 1 November in die pos begin, met Engledow wat nog vir die res van die Currie­beker in beheer sal wees.

Van Rensburg was tot onlangs die Pumas se afrigter en het vanjaar die SuperSport-reeks gewen. Sy span het Griekwas in die eindstryd geklop.

Hy was al voorheen afrigter van Boland, het ook afrigtingsposte by die Goue Leeus en Kings beklee, en was ook ’n ruk lank direkteur van rugby by Grey High School.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.