Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas span oud-Leeu teen Luiperds in

Die veelsydige voorspeler Steph Vermeulen, wat slot en flank speel, kan in die komende Curriebeker-reeks Griekwas se trui oor die kop trek.

Griekwas se afrigter, Peter Engledow, het bevestig dat Vermeulen, wat die Leeus op skolevlak en later in hul Super-groep verteenwoordig het voordat hy Perpignan toe is, oefen saam met hulle met die oog op die komende Premierliga.

“Stephan is tans op ’n proefbasis by ons en sal Vrydag teen die Luiperds ’n kans kry,” het Engledow gesê. Hy het bevestig dat ook die Boland-flank Shaun McDonald en die Kings-stut Liam Hendricks hulle by Griekwas sal aansluit. Hendricks sal goeie diepte verskaf noudat Lux Khoza Pumas toe gaan.

Die Shimlas- en Vrystaat-skrumskakel Renier Botha het gister by die Poubloues ingeval. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.