Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas gerat vir 'unieke uitdagings'
Jono Janse van Rensburg vervang Conway Pretorius in Griekwas se beginspan vir die wedstryd teen die Vrystaat-Cheetahs Saterdag in Kimberley. Foto: Gallo Images

Vergeet van verlede seisoen toe die Griekwas die Vrystaat-Cheetahs twee keer in die Curriebeker-reeks geklop het, want vanjaar bied nuwe, unieke uitdagings.

Só waarsku Peter Engledow, afrigter van die Poubloues, aan die vooraand van die buurstryd Saterdag in Kimberley waar albei spanne na ’n eerste sege op soek is.

Engledow, wat die goeie onlangse vertoningslys teen die Vrystaters sal wil voortsit, het vyf veranderinge aan sy agttal gemaak. Dit sluit ’n splinternuwe voorry in.

Die beseerde agtsteman Conway Pretorius (dyspier) word deur Jono Janse van Rensburg vervang. Van Rensburg se plek op die bank word deur Wendal Wehr ingeneem.

Wandile Putuma speel slot in die plek van Sintu Manjezi.

Die voorry van Nicolaas Oosthuizen, Khwezi Mkhafu en Devon Martinus word met Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi en Liam Hendricks vervang.

Slegs Oosthuizen is as plaasvervanger in die groep behou.

“Conway sal weens sy dyspierbesering nie die naweek kan speel nie, maar dit bied weer ’n geleentheid aan Wendal om deel van die groep te word en ons is baie opgewonde daaroor.

“Andersins is daar geen ander skete nie, almal het geoefen en dit was sover ’n goeie week vir ons,” sê Engledow.

Hy sê hul lot in die reeks is nie meer in hul hande nie, maar dat hulle daarop fokus om sterk te eindig in die oorblywende wedstryde.

“Baie van die huidige groep bly aan vir volgende seisoen en hulle sal die nuwe afrigter (Brent Janse van Rensburg) wil beïndruk.”

Daar was aanvanklik kommer oor die beskikbaarheid van die vleuel Ederies Arendse, wat sy vinger in die naelskraapse nederlaag teen die Blou Bulle beseer het, maar hy is ook in die beginspan ingesluit.

“My vinger het tot dusver goed herstel, so ek sal beslis reg wees,” sê Arendse.

Die plaasvervangersbank toon ook vyf veranderinge.

Die skrumskakel Zak Burger en senter Christopher Bosch is die enigste twee spelers wat weer plaasvervangers is.

* Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (k), André Swarts, Enver Brandt, George Whitehead, Christiaan Meyer, Jono Janse van Rensburg, Sias Koen, Eital Bredenkamp, Pieter Jansen van Vuren, Wandile Putuma, Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi, Liam Hendricks. PLAASVERVANGERS: AJ le Roux, Nicolaas Oosthuizen, FP Pelser, Wendal Wehr, Zak Burger, Stephan Janse van Rensburg, Christopher Bosch.

Meer oor:  Peter Engledow  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.