Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas het appeltjie te skil met Pumas

As die Pumas Griekwas wil klop, sal hulle ’n gedissiplineerde, kliniese vertoning moet lewer, sê Jimmy Stonehouse, afrigter van die Laevelders.

Christiaan Meyer, skrumskakel van Griekwas. Foto: Gallo Images

Dié twee onoorwonne spanne is Saterdag in Mbombela om 15:00 in die SuperSport-uitdaagreeks in ’n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd slaags.

Die Pumas het daardie dag naelskraap met 32-30 in Oudtshoorn gewen.

Die Poubloues se breier, Brent Janse van Rensburg, het die Pumas toe nog gebrei, met Stonehouse wat toe die unie se direkteur van rugby was.

“Ek dink albei spanne mik vir die voorste plek. Ons het tuisveld-voordeel, maar dit is sleg dat ons nie in die stadion (Mbombela-stadion) speel nie,” sê Stonehouse.

Die wedstryd word by die Nelspruit-rugbyklub beslis.

“Griekwas is ’n goed gebalanseerde span, met ’n ongelooflike lostrio (Wendal Wehr, Sias Koen en Conway Pretorius).

“Maar ons konsentreer nie te veel op hulle nie en gee aandag aan wat óns moet doen,” sê Stonehouse.

Janse van Rensburg het net een verandering aan die beginspan aangebring wat die Blou Bulle verlede week met 38-17 in Kimberley geklop het.

Christiaan Meyer is die nuwe skrumskakel, terwyl Zak Burger die plaasvervangersbank sal warm hou.

Die Pumas spog met drie oud-Blitsbokke, Ryan Nell, Ruwellyn Isbell en Carel du Preez, in hul wedstrydgroep.

* In ’n interessante skuif sal die losskakel Ernst Stapelberg Saterdag (16:00) senter vir die Vrystaat XV-tal (16:00) teen die Zimbabwe-akademie speel.

Die Shimlas se Lubabalo Dobela is die losskakel.

* Die Griffons se slot Yaya Hartzenberg het Donderdag ’n liesbesering in ’n oefening opgedoen. Hy sal nie saamreis na Brakpan waar die Perse en die Valke Sondag om 14:30 slaags is nie.

Dié wedstryd word regstreeks op SS 10 uitgesaai.

Meer oor:  Pumas  |  Supersportreeks  |  Criekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.