Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas het ‘plan’ om Haaie hok te slaan

Sommige spelers sal hul neus optrek wanneer ’n afrigter vra dat hulle in ’n ander as hul voorkeur-posisie op die rugbyveld diens doen, maar Griekwas se Ederies Arendse het so ’n versoek met albei hande aangegryp.

Ederies Arendse toe Griekwas en die Haaie mekaar in 2020 in ’n Superrugby Unlocked-wedstryd in Kimberley gepak het. Madosh Tambwe is die KwaZulu-Nataller op die foto. Foto: Gallo Images

Wanneer die Poubloues en Haaie mekaar Saterdag in Kimberley in die Curriebeker-reeks pak, sal Arendse (33) op buitesenter ingespan word. Nie op vleuel, soos wat hy deur die jare bekendheid in Kimberley verwerf het nie.

Vir Arendse, wat sy senior provinsiale buiging in 2009 vir Valke gemaak en daarna ook vir die Westelike Provinsie uitgedraf voordat hy sedert 2014 in meer as 100 wedstryde vir Griekwas gespeel het, was dit ’n eenvoudige som om te maak.

“Vir my is dit ’n nuwe uitdaging. Ek het die geleentheid gekry om te speel en wil dit benut. Ek is opgewonde om te speel,” sê Arendse.

“Somtyds dink ’n mens dat jy nie goed genoeg is nie. As jy byvoorbeeld tien jaar oud is, dink jy dat jy ’n beroepsokkerspeler wil word.

“Maar ’n mens groei deur die jare en ek was al aan baie uitdagings blootgestel. Die bestuur het die vertroue in my gestel deur my daar te kies; ek wil net die span na die beste van my vermoë dien.”

Jeremy Ward neem ’n blaaskans tydens ’n oefensessie van die Haaie in Durban. As dit van Ederies Arendse afhang, sal hy nie Saterdag op sy louere kan rus nie. Foto: Gallo Images

Arendse se direkte teenstander is Jeremy Ward, wat die Junior Springbokke in 2016 aangevoer het. ’n Kykie na die Haaie se span wys dat dit oorloop van talent, want benewens Ward is daar ouens soos Werner Kok (vleuel), Jaden Hendrikse (skrumskakel) en Phepsi Buthelezi (agtsteman).

Die Durbaniete gaan altyd die gunsteling wees in ’n kragmeting met Griekwas. Maar in die kamp van die Poubloues is daar optimisme; die span is immers goed voorberei en het ’n plan.

“Vir ons gaan dit belangrik wees om Saterdag te fokus op dit wat ons op die oefenveld gedoen het,” sê Arendse.

“As ons ons plan na ons beste van vermoë kan uitvoer, die Haaie onder druk plaas en vir 80 minute speel, sal dit goed gaan.”

• Spanne:

Griekwas: Masixole Banda, Daniel Kasende, Ederies Arendse, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead, Stefan Ungerer, Ruan Steenkamp (k), Sibabalo Qoma, Gideon van der Merwe, Cameron Lindsay, Mzwanele Zito, Andries Schutte, Janco Uys, Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS: Tiaan van der Merwe, Andrew Kuhn, Ewald van der Westhuizen, Jeandré Leonard, Hanru Sirgel, Raegan Oranje, Theo Boshoff, Christopher Hollis.

Haaie: Manie Libbok, Werner Kok, Jeremy Ward, Marius Louw, Anthony Volmink, Boeta Chamberlain, Jaden Hendrikse, Phepsi Buthelezi (k), Thembelani Bholi, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Khutha Mchunu, Fez Mbatha, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Mzamo Majola, Wiehahn Herbst, JJ van der Mescht, Reniel Hugo, Mpilo Gumede, Grant Williams, Marnus Potgieter.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.

TV: 13:30. Regstreeks op SS Grandstand (201), SS Rugby (211) en GDN.

Meer oor:  Haaie  |  Kimberley  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.