Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas het punt om teen Haaie te bewys

Griekwas sal Saterdag na Durban opruk met ’n punt om te bewys.

Die Haaie bevind hul op verstommende wyse boaan die Curriebeker-puntelys, terwyl Griekwas – wat reeds drie van die “grotes” in vanjaar se reeks geklop het – in die derde plek is.

Curwin Bosch het ’n puik wedstryd teen die Cheetahs gespeel en kan weer Saterdag invloedryk in die kragmeting met Griekwas wees. Foto: Gallo Images

Die Haaie het hul gunstige posisie daaraan te danke dat drie van hul wedstryde afgelas is – weens hul tweede kragmeting met die Britse en Ierse Leeus en onluste in Durban.

Volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se kompetisiereëls, het die Haaie vier ligapunte vir elk van daardie afgelaste wedstryde gekry.

Nog net een van Griekwas se wedstryde is afgelas. Hulle het dus reeds vyf wedstryde gespeel, teenoor die Haaie se drie.

Die Kimberliete het reeds met die Westelike Provinsie, Leeus en Vrystaat-Cheetahs afgereken en teen die Pumas en Haaie verloor. Die Haaie het hul wedstryde teen Griekwas en die Cheetahs gewen, en teen die WP verloor.

Griekwas sal die Haaie twee dinge wil wys – eerstens dat die nederlaag teen die Durbaniete vroeër in die reeks bloot ’n blaps was en tweedens dat hulle verdien om hoër as die Haaie op die puntelys te wees.

Die Haaie wil voortbou op hul spoggerige sege oor die Vrystaat die afgelope naweek in Bloemfontein. In dié wedstryd was Curwin Bosch skitterend op dreef nadat hy ’n so-so vertoning teen die Britse en Ierse Leeus gelewer het.

As Bosch op sy vertoning kan voortbou, sal Griekwas sukkel om hul stempel af te druk.

Haaie: Anthony Volmink, Yaw Penxe, Werner Kok, Murray Koster, Thaakir Abrahams, Curwin Bosch, Sanele Nohamba, Phepsi Buthelezi (k), Mpilo Gumede, James Venter, Reniel Hugo, Le Roux Roets, Lourens Adriaanse, Kerron van Vuuren, Ntuthuko Mchunu. PLAASVERVANGERS: Dan Jooste, Mzamo Majola, Wiehahn Herbst, Thembelani Bholi, Henco Venter, Jaden Hendrikse, Lionel Cronjé, Jeremy Ward.

Griekwas: Ashlon Davids, Daniel Kasende, Jay-Cee Nel, Johnathan Francke, Eduan Keyter, George Whitehead, Stefan Ungerer, Ruan Steenkamp (k), Sibabalo Qoma, Gideon van der Merwe, Stefan Willemse, Adre Smith, Janu Botha, Janco Uys, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS (uit): HJ Luus, Andrew Kuhn, Andries Schutte, Cameron Lindsay, Hanru Sirgel, Raegan Oranje, Tinus de Beer, Ederies Arendse, Tijde Visser, Luyolo Dapula, Theo Boshoff.

Skeidsregter: Aimee Barrett-Theron.

Assistent-skeidsregters: Kelsey Symons en Zukile Madikizela.

TV-skeidsregter: Marius van der Westhuizen.

TV: 14:30 op SS Rugby 211.

Meer oor:  Durban  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby  |  Curwin Bosch  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.