Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW-hoof kry ook aanbod vir skeidingspakket

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie (GWRU), is een van 14 werknemers van dié liggaam aan wie die opsie van ’n skeidingspakket gebied is.

Die GWRU het Saterdag in ’n verklaring aangekondig dat “skeidingspakkette aan alle administratiewe personeel aangebied word wat nie regstreeks by die beroepspan betrokke is nie”.

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie se kommersiële vleuel. Foto: Argief

Intussen het dit aan die lig gekom dat die opsie van skeidingspakkette ook aan Van Rooyen, wat in beheer is van die kommersiële vleuel van die GWRU, en Riaan Vorster, uitvoerende hoof van die nie-kommersiële sy van die unie (skole, klubs, skeidsregters en ontwikkeling), gebied is.

Alle personeel (afrigters, spelers en diegene wat regstreeks by die beroepspan betrokke is, uitgesluit) het briewe ontvang. Dit sluit alle administratiewe personeel en terreinpersoneel by die stadion in Kimberley in.

In die brief, wat Netwerk24 onder oë gehad het, sê die GWRU dat hy “ ’n behoefte geïdentifiseer het om die hoeveelheid personeel te verminder weens ekonomiese en strukturele kwessies.

“Die maatskappy hoop deur om vrywillige skeidingspakkette aan te bied, dat ’n proses van aflegging vermy kan word – of minstens om die hoeveelheid personeel wat aflegging in die gesig staar te verminder.”

Volgens die brief sal werknemers wat skeidingspakkette aanvaar twee weke se vergoeding kry vir elke jaar se diens – met ’n minimum van vier weke se betaling.

Sou die opsie om vrywillig die unie se diens te verlaat nie aanvaar word nie en ’n werknemer word wel afgelê, sal hy slegs een week se vergoeding vir elke jaar se diens ontvang.

Sou die opsie om vrywillig die unie se diens te verlaat nie aanvaar word nie en ’n werknemer word wel afgelê, sal hy slegs een week se vergoeding vir elke jaar se diens ontvang.

Personeel van die GWRU moet teen Vrydag 22 November aandui of hulle die pakkette aanvaar.

Van Rooyen, wat van 2009 tot 2015 in die pos van uitvoerende hoof gedien het, is in April 2018 in sy vorige pos heraangestel, met die GWRU wat as’t ware twee vleuels gekry het.

Vorster, wat vanaf 2015 die uitvoerende hoof was, is toe in beheer van die nie-kommersiële arm van die besigheid geplaas.

Jannie Louw, president van die Griekwaland-Wes-Rugbyunie. Foto: Argief

Toe het Jannie Louw, president van die GWRU, gesê die sakemodel is verander om “gefokusde aandag aan elke aspek van die unie se sake te gee”.

Louw het Woensdag by navraag gesê daar is niks sinisters daaraan dat skeidingspakkette ook aan die twee uitvoerende hoofde aangebied is nie.

“Die gevoel was om dit aan almal aan te bied. Dit beteken egter nie dit word aan almal toegestaan nie.”

Louw sê die besluit is nie weens die minder geld wat unies die laaste jaar of twee van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie ontvang nie.

“Dit gaan nie net oor geld nie. Ons betaal elke maand ons mense. Enige besigheid moet deurlopend sy strategie oorweeg en seker maak hy het die regte personeel. As jy jou kom kry, sit jy dalk met oortollige personeel.

“Dit gaan daaroor om ’n onderneming ekonomies te bestuur, en ja, dit is moeilike besluite wat geneem moet word,” sê Louw.

Meer oor:  Kimberley  |  Jannie Louw  |  Arni Van Rooyen  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.