Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas hou asem op oor Conway

Daar is nie juis meer iets om voor te speel nie maar die Griekwas gaan alles om die stryd werp om hul eerste oorwinning in die Curriebeker-reeks te behaal wanneer hulle Saterdag teen die Vrystaat-Cheetahs speel.

Die twee buurspanne is Saterdag in Kimberley in ’n vroeë stryd om die spreekwoordelike houtlepel slaags.

Die Poubloues hou intussen asem op oor die beskikbaarheid van woelige agtsteman Conway Pretorius, wat ’n dyspierbesering in die vorige wedstryd teen die Blou Bulle opgedoen het.

Daar sal later die week duidelikheid wees oor die beskikbaarheid van Griekwas se agtsteman Conway Pretorius. Hy het las van ’n dyspierbesering.Foto: Gallo Images

De Wet Kruger kan weens ’n voetoperasie nie oorweeg word as Pretorius nie fiks verklaar word nie.

Die vlugvoetige vleuel Ederies Arendse het ook sy vinger in die wedstryd beseer.

Die Poubloues se kaptein en senter, Kyle Steyn, sê hulle is positief na hulle so byna met die Blou Bulle verlede week in Kimberley afgereken het.

Griekwas kan hulself ongelukkig ag dat hulle die Bulle nie geklop het nie.

Die span van Jakarandastad het uiteindelik met 45-40 geseëvier.

Dit na Griekwas in ’n stadium met 35-28 voorgeloop het voor ’n geelkaart aan die losvoorspeler Pieter Jansen van Vuuren hulle ’n knou gegee het.

Steyn sê net soos vir die Vrystaat, is hulle trots Saterdag ook op die spel en dat hulle vol selfvertroue vir die buurstryd is.

“Die wedywering tussen die buurspanne sal altyd groot wees. Met nog drie wedstryde oor is die plan om die seisoen op ’n hoë noot af te sluit wat ’n oorwinning oor die Vrystaat insluit,” sê Steyn.

Die Vrystaat-Cheetahs het al vier hul wedstryde tot dusver verloor en is ook op soek na ’n eerste sege.

Steyn glo die wedstryd gaan ’n taaie wees, juis omdat albei spanne ’n eerste sege jag.

“Ek dink albei spanne gaan gevaarlik wees, ons het niks om te verloor nie. Die span wat die wedstryd gaan wen sal ’n afgeronde vertoning moet lewer.

“Ons weet die Vrystaat het goeie agterspelers en hulle hou daarvan om die bal wyd te speel, so ons sal dit moet kelder.”

Meer oor:  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.