Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas hou by wenresep teen Pumas

Griekwas se afrigter, Peter Engledow, het ’n groot premie op bestendigheid geplaas en het derhalwe slegs een verandering aan sy beginspan aangebring vir Sondag se eindstryd teen die Pumas in die SuperSport-uitdaagreeks.

Christiaan Meyer het verlede week sy heup teen die Vrystaat seergemaak, maar het genoegsaam herstel om in die beginspan vir Sondag se eindstryd teen die Pumas in Oudtshoorn ingesluit te word. Foto: Gallo Images

Die flank De Wet Kruger is terug in die beginspan nadat hy weens griep op die nippertjie aan die halfeindstryd teen die Vrystaat-XV-tal onttrek is.

Die skrumskakel Christiaan Meyer is ook oorgehaal vir die wedstryd in Oudtshoorn nadat daar kommer oor sy heupbesering was.

Engledow het die opsie gehad om ’n hele klompie spelers wat van beserings teruggekeer het, te kies, maar het daarteen besluit.

Volgens hom het baie van hulle lanklaas gespeel en is hulle nie kontakfiks nie.

“Hulle sal reg wees vir die Curriebeker-reeks. Ons het eerder besluit om basies dieselfde span as verlede week te kies – met vyf voorspelers en twee agterspelers op die plaasvervangersbank.

“Dit is lekker om ’n span te hê wat goed vertoon en al lank saam speel. Hulle het ons tot dusver trots gemaak en het goeie werk verrig,” sê Engledow.

Die Poubloues het verlede week teen die Vrystaters ’n baie hoë tempo in die eerste helfte gehandhaaf. Teen die Pumas kan hul strategie dalk ietwat anders wees.

Die span van Nelspruit het op sy beurt baie van taktiese skoppe teen die Haaie-XV-tal gebruik gemaak, maar sal daarteen waak om te voorspelbaar teen die Poubloues te wees.

“Dit is ’n moeilike taak wat op ons wag, maar ons het ons planne vir die Pumas beraam. Tans pla die senuwees darem nog nie,” sê die breier.

Griekwas is vir die tweede jaar agtereenvolgens in die eindstryd. Verlede jaar het hulle teen die WP verloor.

* Quinton Immelman is die skeidsregter vir die eindstryd.

Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Christopher Bosch, Johnathan Francke, Kyle Steyn, George Whitehead, Christiaan Meyer, Conway Pretorius, Sias Koen, De Wet Kruger, Pieter van Vuren (k), Sintu Manjezi, Nicolaas Oosthuizen, Kwezi Mkhafu, Devon Martinus. PLAASVERVANGERS: AJ le Roux, Liam Hendricks, Ruan Kramer, FP Pelser, Damian Stevens, Jono Janse van Rensburg, André Swarts.

Meer oor:  Pumas  |  Supersport-Uitdaagreeks  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.