Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas kan ‘al die pad gaan’ sê Brent

Ná Griekwas sy plek in die halfeindronde van die Curriebeker-reeks bespreek het, “het ons nou die kans gekry om al die pad te gaan”.

Brent Janse van Rensburg, afrigter van Griekwas. Foto: Gallo Images

So sê Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, nadat sy span die Westelike Provinsie Vrydag in Kimberley met 27-23 geklop het.

“Maar ons moet egter niks vooruit loop nie, daar is steeds baie werk wat voorlê. Ons moet eerder daarop fokus om by die prosesse te hou wat benodig word om op ons beste te vertoon – en nie op die uitkomste nie. Die res van die dinge sal vir hulself sorg,” sê hy.

Om die WP, wat die Curriebeker reeds 34 keer gewen het teenoor die Poubloues se beskeie drie, te klop, het die span van Kimberley broodnodige momentum vir die uitkloprondes gegee.

Hulle kom Saterdag in hul laaste wedstryd voor die halfeind teen die Goue Leeus in die Diamantstad te staan.

“Ons wou op die regte manier vir die halfeind kwalifiseer en nie op uitslae van ander spanne staatmaak nie. Om goeie rugby op te dis en ’n begeesterde poging aan te wend is belangrik met die oog op die uitspeelrondes, omdat ’n mens momentum nodig het,” sê Janse van Rensburg.

Dit is die eerste keer sedert 1998 dat die Poubloues die halfeind van die kompetisie haal en stoere Noord-Kapenaars begin seker al hersenskimme sien van 1970, die laaste keer wat Griekwas die Curriebeker kon wen.

Janse van Rensburg sê dit is lekker om te sien dat die harde werk wat ingesit is met ’n plek in die halfeindstryd beloon is.

“Die span se vertoning hierdie jaar het weer ’n opwinding rondom die Griekwas-handelsmerk gebring. Ons gemeenskap het Vrydag vir die eerste keer in jare in groot getalle uitgekom om die span te ondersteun. Dit was iets ongelooflik om te ervaar.

“Wat hierdie groep tot dusver op ’n skrapse begroting bereik het, is ’n bewys dat baie met min bereik kan word.”

* Die Poubloues het ’n effense terugslag beleef met sy skrumskakel Zak Burger wat ’n kniebesering teen die Kapenaars opgedoen het. Hy gaan Maandag vir ’n skandering om die erns van die besering te bepaal.

Chriswill September behoort in sy afwesigheid die nr. 9-trui te dra, met Christiaan (Muis) Meyer of Louis Venter op die plaasvervangerbank.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.