Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas-legende Soon Nel dood

Soon Nel, een van die legendes van Griekwas se rugbyspan wat die Curriebeker in 1970 verower het, is Saterdag dood.

Gerildine Nel sê haar man, Soon, was vir haar ’n steunpilaar.

Die 78-jarige Nel, ’n voorryman in sy speeldae, was sedert April in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Klerksdorp.

Nel se vrou, Gerildine, het Saterdag gesê dat haar man ’n steunpilaar vir haar was.

“Ek onthou hom as ’n harde werker, iemand wat sy hande vir ons stomp gewerk het. Hy het rustig gelewe en was ’n ware jintelman.

“Hy was die beste eggenoot en pa wat enigiemand voor kon vra. Hy het ’n hart van goud gehad en was ’n koningskind. Hy sit vandag by Jesus se voete,” sê Gerildine.

Nel, wat op ’n plaas tussen Bloemhof en Wolmaransstad geboer het, het Griekwas in 74 wedstryde tussen 1964 en 1973 verteenwoordig. Daarna het hy ook 16 keer vir die destydse Stellaland tussen 1976 en 1978 gespeel.

Griekwas het in 1970 teen die verwagting in daarin geslaag om Noord-Transvaal in die eindstryd van die Curriebeker met 11-9 in Kimberley te klop.

Die Pretorianers, met die legendariese Buurman van Zyl as afrigter en Piet Uys as kaptein, was die oorweldigende gunsteling om daardie dag te wen.

Griekwas se span in 1970. Van links is, voor: Buddy Swartz, Popeye de Bruyn, Koos Waldeck, Joggie Viljoen; tweede ry: Piet van Deventer, Piet Visagie, Charlie Marais (president), Mannetjies Roux (k), Ian Kirkpatrick (afrigter), Denys Vorster, Tos Smith; derde ry: Braam Fourie, Piet de Wet (sameroeper van die keurders), Jumbo Harris (keurder), Joff van Rensburg (keurder), Ronnie Bauser (keurder), Daantjie Botes (keurder), Zirk Jansen (keurder), Boo Sassin (sekretaris), Loekie van der Merwe; agter: Jurie Lategan, Harold Rosseau, Wim van Zyl, Jannie van Aswegen, Gert Scheepers, Soon Nel, Gideon Botha, Peet Smith en James Combrinck. Foto: Argief

Maar die tuisspan, wat deur Mannetjies Roux aangevoer is, en deur Ian Kirkpatrick gebrei is, het ander planne gehad en het die Curriebeker ’n derde keer staanplek in die Diamantstad gegee. Dit was danksy ’n strafdoel deur die flank Peet Smith in die doodsnikke dat Griekwas geseëvier het.

Smith sê Nel het nie sy gelyke in die skrum gehad nie.

“Hy was ’n baie eerlike mens, iemand wat nie reëls gebuig het nie en ’n anker vir sy familie.

“Niemand kon hom in die skrums terugdruk nie. Ek dink as hy by ’n ander provinsie was, sou hy dit dalk verder kon geneem het.”

Nel is die sesde lid van Griekwas se span van 1970 wat dood is. Die senter Koos Waldeck, James Combrinck (haker), Jannie van Aswegen (slot), Piet van Deventer (flank) en Kat Myburgh (vleuel) is reeds oorlede.

Meer oor:  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.