Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas maak 5 veranderinge voor

Griekwas sal die Vrystaat-Cheetahs in hul Curriebekerkragmeting Saterdag (17:15) in Kimberley aandurf met vyf veranderinge onder die voorspelers, wat ’n splinternuwe voorry insluit.

Jono Janse van Rensburg sak op agtsteman. Foto: Gallo Images

Die beseerde agtsteman Conway Pretorius (dyspier) is deur Jono Janse van Rensburg vervang.

Wandile Putuma speel slot in die plek van Sintu Manjezi.

Die voorry van Nicolaas Oosthuizen, Khwezi Mkhafu en Devon Martinus word met Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi en Liam Hendricks vervang.

Slegs Oosthuizen is as plaasvervanger in die groep behou.

Die plaasvervangersbank toon ook vyf veranderinge.

Die skrumskakel Zak Burger en senter Christopher Bosch is die enigste twee spelers wat weer plaasvervangers is.

Griekwas: AJ Coertzen, Ederies Arendse, Kyle Steyn (k), André Swarts, Enver Brandt, George Whitehead, Christiaan Meyer, Jono Janse van Rensburg, Sias Koen, Eital Bredenkamp, Pieter Jansen van Vuren, Wandile Putuma, Ewald van der Westhuizen, Wilmar Arnoldi, Liam Henricks. PLAASVERVANGERS: AJ le Roux, Nicolaas Oosthuizen, FP Pelser, Wendal Wehr, Zak Burger, Stephan Janse van Rensburg, Christopher Bosch.

Curriebeker: Bepalings

Curriebeker: Puntelys

Curriebeker: Uitslae

Meer oor:  Vrystaat-Cheetahs  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.