Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas moet oppas vir ‘piesangskil’

Nadat die Griekwas die Haaie in hul eerste Curriebeker-wedstryd verras het, sal daar beslis ’n teiken op hul rug wees.

So sê Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, nadat sy span die KwaZulu-Natallers Vrydagaand in Durban met 37-13 Vrydagaand verras het.

“Ons moet aanhou veg, spanne gaan nou vir ons kom, veral in Kimberley. Dit gaan belangrik wees dat die spelers hieroor nadink en nie te gemaklik raak nie,” sê hy.

Enver Brandt in Vrydag se wedstryd teen die Haaie in Durban. Foto: Gallo Images

Die Griekwas speel Vrydag in die Diamantstad vir die Pumas gasheer en Janse van Rensburg besef terdeë dat hy sy spelers gefokus moet hou.

In 2017 het die Poubloues met die Westelike Provinsie in Kimberley afgereken, net om skaars ’n week later teen die einste Pumas vas te val. Janse van Rensburg was hoeka toe nog die Laevelders se breier.

“Die spelers moenie te gemaklik raak nie, wanneer dit gebeur kom die piesangskil. Dit is ’n les wat ons moet leer. Daar is slegs een ronde van wedstryde en ons moet so vinnig as moontlik van daardie oorwinning (teen die Haaie) vergeet,” sê hy.

Die Poubloues het Maandag na die oefenveld teruggekeer en volgens Janse van Rensburg is daar baie aspekte wat kan verbeter.

“Ons sal moet kyk na hoe ons skoppe opvolg en ook aan ons werk op die aanval. Daar sal ook gekyk moet word na wat die Pumas kan bied.”

Die Laevelders sal natuurlik wil vergoed vir hul nederlaag teen die Griekwas verlede maand in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks.

Tog sê Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, daar is nie sprake van wraak nie.

“Nee wat, met elke wedstryd is die lei skoon. Vir ons gaan dit belangrik wees om punte te kry om ’n kans te staan om die halfeindstryd te haal.”

Daar sal minstens een verandering aan die Griekwas se span wees, met die vleuel Enver Brandt wat ’n skouerbesering opgedoen het. Hy het Maandag ’n spesialis gaan sien om die erns van die besering te bepaal.

Anthony Volmink, wat teen die Haaie op heelagter diens gedoen het, kan straks na vleuel skuif, met Eduan Keyter wat dan die laaste vesting kan beman.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Brent Janse Van Rensburg  |  Pumas  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.