Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas onoorwonne, maar iets lol
Andre Swarts kry straks ’n nuwe sentermaat. Foto: Gallo Images

Griekwas se ingesteldheid het hulle soms teen die Pumas in dié twee spanne se Curriebeker-wedstryd Vrydag in Kimberley in die steek gelaat.

Só sê Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, nadat sy span vyf drieë gedruk het om met 37-29 te wen.

In die eerste helfte is die tuisspan ’n keer of wat by die skrums gestraf, maar Janse van Rensburg sê dit was nie sy span se tegniek in die faset wat gelol het nie.

“Ek is nie juis bekommerd oor ons skrums nie, aangesien ons die hele jaar daarin goed was en die Pumas vantevore ook (in die faset) oorheers het.

“Ons ingesteldheid was soms nie reg nie, en dit het oorgespoel na ander areas van ons spel. Die Pumas se strategie was beslis om ons in die skrums te teiken, maar ons het daaraan aandag gegee.”

In die tweede helfte het die Poubloues die Pumas in dié afdeling vasgevat, wat beteken het dat die Laevelders onder druk was.

Janse van Rensburg sê sy boodskap met rustyd was juis dat sy spelers op die skrums moet fokus.

“In die spanpraatjie het ons gesê dat ons ingesteldheid moet verbeter en die belangrikheid daarvan om die stryd om die losbal te wen. Ook hoe ons die wedstryd bestuur met die fokus op hoe om in die winderige toestande te speel.

“Ek het gevoel dat ons die eerste 20 minute goed bestuur het, maar nie regdeur die geleenthede gebruik het wat na ons kant toe gekom het nie.

“Die wind wat gewaai het, het sake bemoeilik, maar ons het goeie balbesit vanaf skoppe verkry,” sê Janse van Rensburg.

’n Teleurgestelde Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, sê sy span is sy eie grootste vyand.

“Ons verloor teen onsself, omdat ons byvoorbeeld nie balle in die lug kan bemeester. Ons sien egter uit na Vrydag wat ons eerste tuiswedstryd is. Die Bulle is in dieselfde bootjie (ook segeloos) en dit is soos ’n eindstryd. Die span wat verloor gaan sukkel om die halfeindstryd te haal,” sê hy.

* Griekwas sal slegs Maandag weet wat die erns van die senter Michal Haznar se besering is. Hy het die veld met vermoedelik ’n kniebesering verlaat. Eduan Keyter sal Saterdag teen die Vrystaat-Cheetahs straks die middelveld saam met André Swarts beman, met die oud-Bok Bjorn Basson wat die nr.11-trui sal dra.

Meer oor:  Brent Janse Van Rensburg  |  Pumas  |  Kimberley  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby  |  Jimmy Stonehouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.