Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas pluk oud-Bok uit hoed
Bjorn Basson in aksie vir die Springbokke in 2013 in Soweto. Foto: Gallo Images

Die ietwat vergete Springbok Bjorn Basson is op Griekwas se plaasvervangersbank ingesluit vir Vrydag se Curriebeker-wedstryd teen die Pumas in Kimberley.

Basson (32), wat heelagter en vleuel kan speel, het die Bokke in 11 toetse verteenwoordig en vantevore ook vir die Poubloues uitgedraf.

Hy het laaste vir die Southern Kings in die Pro14-reeks diens gedoen.

Slegs een verandering is aangebring aan die Griekwas-beginspan wat verlede week op Kingspark teen die Haaie uitgedraf het.

Eduan Keyter vervang die beseerde Enver Brandt (skouer) op linkervleuel.

Griekwas
Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Zak Burger, Niell Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Mox Mxoli, Johan Momson, Zandré Jordaan, Chriswill September, Tinus de Beer, Bjorn Bassson, Ruan Kramer.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.