Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas, Pumas nou ook franchises
Griekwas se skrumskakel Christiaan Meyer. Foto: Gallo Images

Griekwas en die Pumas is die nuutste franchises in Suid-Afrikaanse rugby.

Dié twee unies het Vrydag op die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se jaarvergadering in Kaapstad die jawoord gekry.

Ofskoon dit nog nie deur Saru bevestig is nie, beteken dit dat dié twee spanne moontlik aanstaande jaar aan die Anglo Welsh-bekertoernooi in Europa kan deelneem.

Saru het Vrydag in 'n verklaring by monde van sy uitvoerende hoof, Jurie Roux, gesê "gesprekke in die verband word tans gevoer, maar nog baie water moet in die see loop voor nuwe geleenthede bevestig kan word. Die proses sal in alle waarskynlikheid tot diep in 2018 duur voordat uitsluitsel verkry word."

Die  Anglo Welsh-toernooi word tussen 16 spanne van Engeland en Wallis beslis.

Die toernooi het vanjaar op 3 November afgeskop.

Die huidige deelnemende spanne is Bath, Cardiff Blues, Dragons, Exeter Chiefs, Gloucester, Harlequins, Leicester Tigers, London Irish, Newcastle Falcons, Northampton Saints, Ospreys, Sale Sharks, Saracens, Scarlets, Wasps en Worcester Warriors.

Die Luiperds, Valke en die Griffons het ’n gesamentlike bod ingesit, net soos die Boland, Grens en die Suidwestelike Distrikte, maar het nie die paal gehaal nie.

* Meer volg later.

Meer oor:  Jurie Roux  |  Franchises  |  Saru  |  Griekwas  |  Rugby  |  Pumas  |  Europa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.