Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW sal ‘nie grootkop raak’, sê Whitehead

’n Vurige ondersteuner van Griekwas se rugbyspan het die afgelope week opgemerk dat dié span se grootste uitdaging is om nederig te bly.

George Whitehead, losskakel en kaptein van Griekwas. Foto: Gallo Images

Dit som presies die aard van Saterdag se Curriebeker-wedstryd tussen die Poubloues en Goue Leeus in Kimberley op.

Griekwas is reeds verseker van ’n plek in die halfeind, terwyl die Johannesburgers weet hul lot is so te sê in hul eie hande. Verloor hulle is dit waarskynlik neusie verby. Maar net so kan Griekwas nou die pad byster raak as hulle nie hul voete op die grond hou nie.

Maar, sê George Whitehead, losskakel en kaptein van die Poubloues, daar is nie sprake van grootkop kry nie.

“Almal weet nederigheid is nou baie belangrik, ek hoef dit nie aan die ouens te sê nie. Hulle (die Leeus) moet wen om in die halfeind te wees.

“Ek dink die Leeus gaan met ’n gedugte aanslag kom en ons sal moet seker maak dat ons opdaag vir die wedstryd,” sê hy.

Die Leeus het ’n inspuiting gekry met die insluiting van Springbok-slot Marvin Orie. Maar nou is dit ook so dat ’n span soms eerder ontwrig as versterk word met ’n sterspeler wat weer nadergetrek word. So iets kan ook die spandinamika versteur.

Dit is iets wat jou ’n mate van verantwoordelikheid bring. As losskakel neem jy in elk geval baie besluite.
George Whitehead

Die Johannesburgers se Duncan Matthews, meer bekend as ’n vleuel, maar wat ietwat verrassend op senter gekies is, kan hom maar vetsmeer vir ’n verwelkoming soos min van die Poubloues se binnesenter, André Swarts.

Griekwas aan die ander kant is ’n gevestigde eenheid wat al sedert die SuperSport-uitdaagreeks saamspeel en aan mekaar gewoond is.

Tog sou die Leeus êrens ’n aantekening gemaak het van die feit dat die 30-jarige Whitehead die spilpunt is waarom Griekwas die seisoen draai. Hy is effe verrassend vroeër die seisoen as kaptein aangewys en met sy spel wat die seisoen ’n opwaartse kurwe toon, is dit duidelik dat hy gemaklik is met die verantwoordelikheid.

“Ek was al voorheen kaptein en onderkaptein. Dit is iets wat jou ’n mate van verantwoordelikheid bring. As losskakel neem jy in elk geval baie besluite,” sê Whitehead.

* Dit het intussen bekend geword dat die skrumskakel Zak Burger ses tot nege maande langs die kantlyn gaan wees. Hy ondergaan die komende week ’n operasie aan sy knie vir ’n besering wat hy verlede week teen die Westelike Provinsie opgedoen het.

Griekwas: Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Chriswill September, Niell Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, NJ Oosthuizen, Johan Momsen, Conway Pretorius, Christiaan Meyer, Chris Smit, Bjorn Basson, Ruan Kramer.

Leeus: Tyrone Green, Madosh Tambwe, Wandisile Simelane, Duncan Matthews, Stean Pienaar, Shaun Reynolds, Ross Cronje (k), Hacjivah Dayimani, Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Ruben Schoeman, Jacobie Adriaanse, Pieter Jansen, Sti Sithole. PLAASVERVANGERS: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Johannes Jonker, Wilhelm van der Sluys, Len Massyn, Dillon Smit, Jan-Louis la Grange, Jamba Ulengo.

Skeidsregter: AJ Jacobs

Assistent-skeidsregters: Ben Crouse en Aimee Barrett-Theron.

TV-skeidsregter: Lourens van der Merwe.

Afskop: 15:00 (SS 1).

Meer oor:  Kimberley  |  Goue Leeus  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  George Whitehead
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.