Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas se ‘Aussie’ brand om te speel

Ná ’n paar seisoene in Australië is die oud-Kapenaar James Verity-Amm nou by Griekwas om die stukke van sy rugbyloopbaan op te tel.

Dié 25-jarige veelsydige agterspeler het hom in 2016 by die Western Force aangesluit, nadat hy vir die Universiteit van Wes-Kaapland in die Varsityskild-reeks uitgeblink het.

James Verity-Amm in aksie vir die Western Force teen die Haaie tydens ’n Superrugby-kragmeting in 2017 in Durban. Foto: Gallo Images

Toe die Force einde 2017 uit die Superrugby-reeks geskop is, het Verity-Amm ’n heenkome by die Brumbies gevind.

Dit was egter ’n tyd van frustrasie vir hom, aangesien hy slegs een keer sy nuwe span in die Superreeks verteenwoordig het en meestal klubrugby moes speel.

Toe, in Julie 2018, het hy ’n skouerbesering opgedoen en moes hy geopereer word. Maar die operasie was nie ’n sukses nie, en vier maande later was hy weer onder die mes.

Sedertdien het Verity-Amm, wat nou met ’n Australiese aksent spog, nog nie weer rugby gespeel nie. Maar hy is oorgehaal om in Kimberley weer sy voete te vind.

“Ek is bly om tuis te wees, tussen familie en vriende. Om eerlik te wees is ek nogal gretig om weer rugby te speel,” sê hy.

Verity-Amm vertel dat sy tyd oor die waters hom baie insig gegee het in hoe rugby in ander lande gespeel word. Sy pad het ook met dié van breiers soos Dave Wessels (Force) en Dan McKellar (Brumbies) gekruis.

“Die tyd wat ek in Australië was, was ongelooflik. Dit was ’n goeie ervaring om daardie mense te leer ken en te ervaar hoe hulle dinge doen.

“Een van die groot verskille in afrigting is hoe voorspelers geleer word om ruimte te identifiseer of deur voetwerk te skep.

Ek sal nie sê dat dit ’n droom was om vir Australië te speel nie, ek verkies eerder die Springbokke.
James Verity-Amm

“Daar word ook baie aandag aan die afbreekpunte gegee, om sodoende vinnige balbesit te verseker,” sê Verity-Amm.

Hoewel hy ewe tuis op vleuel is as op heelagter, verkies Verity-Amm om buitesenter te speel. Hy en Johnathan Francke, ’n binnesenter wat bekend is om sy verdediging, kan ’n goeie kombinasie vir die Poubloues in die middelveld vorm.

Hoewel Verity-Amm ’n aksent het en ’n ander benadering tot rugby in die vreemde aangeleer het, klop sy hart steeds vir sy geboorteland.

“Ek sal nie sê dat dit ’n droom was om vir Australië te speel nie, ek verkies eerder die Springbokke. Dit is my geboorteland, so dit is ’n maklike besluit.

“Maar as ek die geleentheid gekry het om vir die Wallabies te speel, sou ek nie nee gesê het nie – en dit sou ’n eer gewees het om hulle te verteenwoordig,” sê hy.

Meer oor:  Western Force  |  Brumbies  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.