Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Eduan gereed om tweestryd te hervat

’n Jare lange wedywering word Vrydag in die Curriebeker-reeks in Kimberley tussen twee spelers hervat.

Morné Joubert in aksie vir die Pumas teen die Vrystaat-Cheetahs in 2018 in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Eduan Keyter, die Griekwas se linkervleuel, en Morné Joubert, regtervleuel van die Pumas, sal nie vir die eerste keer in hul rugbyloopbane teenstanders wees nie – dit kom trouens reeds sedert hul laerskooldae aan.

Vir Keyter (23) was dit ’n geval van die een se spreekwoordelike dood wat die ander se brood is, met Enver Brandt wat verlede week teen die Haaie beseer is.

“Ja-nee, ek is bly vir die kans, want ek het hard gewerk om speelkans te kry,” sê Keyter.

Hy is ’n produk van Affies in Pretoria, terwyl Joubert aan Glenwood High School in Durban gematrikuleer het. Boonop was albei in 2014 as heelagters vir die Suid-Afrikaanse Skolespan gekies.

“Dit is altyd lekker om weer teen ouens te speel teen wie ’n mens op skool gespeel het. Ons ken mekaar redelik goed.”

Keyter was in die Laerskool Hennopspark in Centurion, terwyl Joubert in die Laerskool Elarduspark in die ooste van Pretoria was. Toe reeds het hulle gereeld teen mekaar gespeel.

Eduan Keyter

By Keyter is daar geen twyfel dat Joubert ’n waardige teenstander gaan wees nie.

“Hy is goed, ek slaan hom baie hoog aan. Hy sou nie op dié vlak gespeel het as hy nie goed was nie,” sê Keyter, wat verlede week as plaasvervanger sy eerste proesel van Curriebeker-rugby gekry het.

Hy het hom ná skool by die Westelike Provinsie aangesluit, maar het met gebrekkige speeltyd gesukkel om ’n deurbraak te maak.

Die Poubloues sal stert in die lug wees nadat hulle verlede week die Haaie in Durban oortuigend geklop het. Dit terwyl die Pumas sal wil vergoed vir hul naelskraapse nederlaag verlede week teen die Goue Leeus. Boonop sal die Laevelders hul nederlaag van ’n maand gelede teen die einste Griekwas in die eindstryd van die SuperSport-uitdaagreeks wil wreek.

Spanne

Griekwas: Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Zak Burger, Niell Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux en Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Nqoba Mxoli, Johan Momsen, Zandré Jordaan, Chriswill September, Tinus de Beer, Bjorn Basson en Ruan Kramer.

Pumas: Devon Williams, Morné Joubert, Ryan Nell (k), Henko Marais, Neil Maritz, Kobus Marais, Reynier van Rooyen, Willie Engelbrecht, Carel du Preez, Jeandré Rudolph, Stefan Willemse, Le Roux Roets, Marne Coetzee, Marko Janse van Rensburg en Andrew Beerwinkel. PLAASVERVANGERS: Simon Westraadt, De-Jay Terblanche, Hilton Lobberts, Phumzile Maqondwana, Ashlon Davids, Chris Smith, Etienne Taljaard en Morgan Naudé.

  • Afskop: 16:45 (SS 1).
  • Skeidsregters: AJ Jacobs.
  • Assistentskeidsregters: Ben Crouse en Johré Botha.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Pumas  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.