Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas se Francke soek 100-tal
Griekwas se Johnathan Francke probeer om verby ’n speler van die Goue Leeus te kom tydens ’n Curriebeker-wedstryd in 2017 in Kimberley. Foto: Gallo Images

Ná amper twee jaar langs die kantlyn is dit seker te verstane dat Johnathan Francke, senter van Griekwas, brand om weer sy voete op die rugbyveld te sit.

Dié 33-jarige, wat sedert 2013 sy rugby in Kimberley speel toe Pote Human nog dié span afgerig het, het in die eindstryd van 2018 se SuperSport-uitdaagreeks ligamente in sy knie geskeur.

Sedertdien moes hy droëbek sit en kyk hoe sy spanmaats in 2019 die halfeind van die Curriebeker-reeks haal.

“Die koronavirus maak dinge nou moeilik. Dit het eintlik alles omvergewerp. Ja, ek moet herken daar was tye wat ek moedeloos en negatief was (om te herstel ná die besering).

Die koronavirus maak dinge nou moeilik. Dit het eintlik alles omvergewerp. Ja, ek moet herken daar was tye wat ek moedeloos en negatief was.
Johnathan Francke

“Boonop het dit baie harde werk geverg om weer my fiksheid te herwin,” sê Francke, wat van 2011 tot 2013 vir Boland gespeel het.

Hoewel hy die helfte van die 2018-seisoen misgeloop het, is hy steeds daardie jaar vereer as die Poubloues se Agterspeler van die Jaar.

Maar, selfs as is hy vanjaar fiks en oorgehaal om te speel, besef hy daar is sterk mededinging om ’n plek in die span.

Berton Klaasen (links)

Berton Klaasen en Harlon Klaasen, wat albei tevore die Southern Kings in die Pro14-reeks verteenwoordig het, is albei vanjaar op Griekwas se boeke.

“Dit stel ’n goeie uitdaging aan my – wat effens aan die ouer kant is – om met ouens van daardie gehalte mee te ding.

“Ek kan beslis by hulle leer, maar hulle kan ook by my leer,” sê Francke, wat reeds 89 keer die Griekwas-trui oor sy kop getrek het.

Sy droom vir die seisoen is dat die span ’n “stappie verder as verlede jaar gaan”. En om sy 100ste wedstryd vir die Poubloues te speel.

Pieter Bergh, afrigter van die Ixias en tevore hulpafrigter van Boland en Griekwas, ken Francke, wat meestal binnesenter speel, goed en weet waartoe hy in staat is.

Hy is ’n baie goeie verdediger en het al ouens seergemaak. Hy het ’n reputasie opgebou as iemand wat jou gaan plattrek as jy op hom afstorm.
Pieter Bergh

“Hy is ’n baie goeie verdediger en het al ouens seergemaak. Hy het ’n reputasie opgebou as iemand wat jou gaan plattrek as jy op hom afstorm.

“Maar hy is ook goed op die aanval, waar hy ’n sterk hardloper is, en is vinniger as wat hy lyk,” sê Bergh.

Wanneer Francke nie op die oefenveld is nie, ploeg hy sy kennis terug as deel van die afrigtingspan vir Griekwas se o.20’s.

Of hy pendel tussen Kaapstad, waar sy vrou, Claudia, werk en die Diamantstad. En hy lag net as jy vra of daar al ’n pienkvoet op pad is.

Meer oor:  Kimberley  |  Griekwas  |  Rugby  |  Koronavirus  |  Besering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.