Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas se gehalte word getoets
Warren Williams draf Saterdag vir Griekwas teen sy ou span, die Griffons, in Welkom uit.Foto: Gallo Images

Ná ’n klinkende oorwinning verlede week, sal een van die vroeë pasaangeërs in vanjaar se SuperSport-uitdaagreeks, Griekwas, Saterdag ’n veel strawwer toets moet slaag.

Die manne van Kimberley kom dán teen die Griffons in Welkom te staan.

Die Poubloues het die Valke verlede week in Kimberley met 52-10 ore aangesit, maar ’n besoek aan die Goudveld sal meer verklap oor die gehalte van die Noord-Kaapse span.

Een van die Griekwa-spelers wat oorgehaal sal wees vir dié kragmeting, is die vleuel Warren Williams. Hy het in 2018 nog vir die Griffons uitgedraf.

Ander spanne in die Noordelike afdeling wat sal wil voortbou op hul seges verlede week, is die Goue Leeus XV en die Pumas.

Wat die Suidelike afdeling betref, het die Westelike Provinsie verlede week amok gemaak teen die SWD-Arende, terwyl die Boland-Kavaliers, die Grens-Bulldogs en die Vrystaat XV-tal ook hul openingswedstryde gewen het.

Die WP het gewys hy is ’n span om vanjaar mee rekening te hou en behoort geen probleem te hê om die vloer te vee met die Bulldogs in die spanne se ontmoeting in Oos-Londen nie. – Sportredaksie

Saterdag se bepalings:
12:45 – Loftus Versfeld: Blou Bulle t. Namibiese XV; 14:00– Paternoster-rugbyklub: Boland-Kavaliers t. Vrystaat XV; 15:00 – Bosman-stadion: Valke t. Pumas; 15:30 – Wolfson-stadion: OP Olifante t. SWD-Arende; 15:30 – Hoërskool Wolmaransstad: Luiperds t. Goue Leeus XV; 16:00 – Old Selbornian-rugbyklub: Grens Bulldogs t. Westelike Provinsie; 16:00 – Welkom: Griffons t. Griekwas; 16:00 – Valsbaai-rugbyklub: Zimbabwe t. Haaie XV.

Meer oor:  Kimberley  |  Welkom  |  Supersport-Uitdaagreeks  |  Griffons  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.