Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas se Kop reg vir ‘rowwe’ Leeus

Die Goue Leeus se gesukkel die afgelope naweek in die vaste fasette teen die Haaie in die Curriebeker-reeks het nie ongesiens in Kimberley verbygegaan nie.

Die Johannesburgers kom Saterdag in die Diamantstad teen die Griekwas te staan en kan volgens die Poubloues se stut Ewald van der Westhuizen maar weet hul gal gaan voorlangs gewerk word.

Ewald van der Westhuizen, voorryman van Griekwas, sien uit na die uitdaging daarvan om die Goue Leeus te pak. Foto: Gallo Images

“Ons vaste fasette is vanjaar een van ons sterkpunte en ons het gesien hulle (die Leeus) sukkel ’n bietjie voorlangs. So ons gaan hulle daar opkeil,” sê hy.

Vir die Griekwas, wat reeds vir die uitspeelronde gekwalifiseer het, is daar nie sprake van op hul louere rus nie.

“Die kragmeting met die Leeus is ’n groot uitdaging. Ons wil boaan die punteleer eindig sodat ons ’n eindstryd in Kimberley kan hê,” sê die 29-jarige Van der Westhuizen, wat as Kop onder sy spanmaats bekend staan.

“Dit gaan ’n rowwe wedstryd wees, maar ons weet ons kan hulle klop, want ons het vanjaar reeds met al die ander spanne afgereken.”

Die Leeus is nog nie seker van ’n plek in die halfeind nie en sal met ’n Groot Trek van ’n ander aard na Kimberley toe optrek.

Dit tel boonop in die Leeus se guns dat die Griekwas laas in 2016 daarin kon slaag om die Johannesburgers pak te gee.

Van der Westhuizen is reeds sedert 2013 by die Griekwas en hy vertel hoe Pote Human, wat tans die Bulle afrig en destyds die Poubloues gebrei het, hom daai jare Kimberley toe gelok het.

’n Seisoen of twee gelede was die Griekwas se voorspelerspel allermins die gehalte wat dit nou is en dit het die span gereeld onder druk geplaas. Vanjaar word die Poubloues se agttal weer deur teenstanders gevrees.

“Ek dink die ding is dat almal bewus is van die fynere besonderhede wat vereis word en die spelers koop almal in op die stelsel,” sê Van der Westhuizen.

Hy het in 2015 Superrugby vir die Cheetahs gespeel en weet maar te goed dat indien die Griekwas presteer, dit weer deure vir hom kan oopmaak.

“My droom is om weer Superrugby te speel. Die individu kom nêrens nie, maar as span kan jy êrens kom.”

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.