Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas slag Haaie in Durban se CB-stryd
Coenie Oosthuizen probeer Vrydagaand verby die Griekwas-senter André Swarts kom. .Foto: Gallo IMages

’n Lustelose vertoning deur die Haaie se rugbyspan het die verdedigende Curriebeker-kampioen se veldslag op ’n laagtepunt laat begin.

Griekwas het vir ’n reuse verrassing gesorg deur die Haaie Vrydagaand met 37-13 op ’n natterige Kingspark in Durban te klop. Boonop reis hulle terug na Kimberley met ’n bonuspunt.

Van die afskop af was dit duidelik dat daar net een span op die veld was en dit was die Poubloues. Hulle het die bal met mening gedra, terwyl die KwaZulu-Natallers gelyk het of hulle op vakansie is.

Griekwas het met puik taktiese skopwerk deur hul losskakel, George Whitehead, hulself in die Haaie se helfte ingeskop.

Die Poubloues het vroeg gaan druk, toe die agtsteman, Niell Jordaan, ’n bal opgepik het, voordat die skrumskakel, Zak Burger, die beweging afgerond het.

Van Burger gepraat, hy was op sy stukke en het met goeie breekslae vorendag gekom en ook goeie besit vir sy agterlyn verseker.

Maar dit was voorlangs waar die Poubloues die Haaie laat les opsê het. Spelers soos die flanke, Gideon van der Merwe en Sias Koen, het die botoon by die afbreekpunte gevoer.

JP Pietersen

Daar is vooraf ’n groot gewag gemaak van die voormalige Springbok JP Pietersen wat op senter vir die Haaie uitgedraf het. Jy kan verskoon word as jy gewonder het of hy hoegenaamd op die veld was.

Nie dat dit sy skuld was nie, want die tuisspan se agterlyn het weinig van die bal gesien.

Met skaars 20 minute oor was Griekwas gerieflik met 23-6 voor, maar dit was te verwagtend dat die Haaie se wekkers laat sou afgegaan en hulle teen die einde sou terugveg. Dit het hulle gedoen en teen die einde het Pietersen en die heelagter, Aphelele Fassi, die veld vol gehardloop.

Maar Griekwas het vasgebyt en toe die plaasvervanger-haker, Wilmar Arnoldi, kort voor die einde sy tweede drie gaan druk het ná ’n skitterende rolmaalbeweging, was die oorwinning verseël. Dit het ook die bonuspunt vir die Noord-Kapenaars verseker.

Daar was min Haaie wat uitgestaan het, en vir die span se nuwe afrigter, Sean Everitt, is dit ’n nagmerrie wat seker nie eens hy voorsien het nie.

Puntemakers:

Griekwas 37 (10): Drieë: Zak Burger, Michal Haznar, Wilmar Arnoldi (2). Doelskoppe: George Whitehead (4). Strafdoele: Whitehead (3).

Haaie 13 (6): Drie: Cameron Wright. Doelskop: Curwin Bosch. Strafdoele: Bosch (2).

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Coenie Oosthuizen  |  Jp Pietersen  |  Durban  |  Kimberley  |  Haaie  |  Kingspark  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.