Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas span Maties-‘plofstof’ in

Die voormalige Maties-kaptein Johan Momsen se skouerbesering is iets van die verlede en hy is sonder aarseling in Griekwas se beginspan ingesluit vir hul eerste Curriebeker-kragmeting van die seisoen.

Johan Momsen het die skouerbesering afgeskud waarvan hy las gehad het. Foto: Gallo Images

Momsen is een van vier veranderinge aan die beginspan, wat verlede naweek teen die Vrystaat-Cheetahs verloor het, vir Saterdag se kragmeting met die Goue Leeus in Kimberley.

Die 25-jarige Momsen, wat voor sy besering veral in die lynstane goed vertoon het, vervang Carl Els op agtsteman. Dis die enigste verandering aan die agttal.

Agterlangs sal James Verity-Amm die nr. 15-trui dra in die plek van Masixole Banda, wat homself op die plaasvervangersbank bevind. Daniel Kasende vervang Ederies Arendse op regtervleuel, terwyl Berton Klaasen die nr. 13-trui in Harlon Klaasen se plek sal dra.

Enver Brandt maak ná meer as ’n jaar langs die kantlyn sy terugkeer tot die rugbyveld. Foto: Gallo Images

“Ons is baie gelukkig met hoe Johan teen die Haaie (twee weke gelede) vertoon het. Dit was net as gevolg van ’n besering dat hy nie verlede week gespeel het nie. Dit is lekker om iemand van sy kaliber en leierseienskappe terug in die span te hê,” sê Scott Mathie, afrigter van die Poubloues.

“Harlon Klaasen is ongelukkig teen die Cheetahs beseer, met Berton wat hom vervang. Maar dit is ’n goeie geleentheid vir hom (Berton) om die eerste keer in die beginspan te wees. Ons sien uit om te sien wat hy die span kan bied.

“James bevind hom weer in die span nadat hy die afgelope ruk baie hard gewerk en goed geoefen het. Dan het ons besluit om Daniel Kasende, wat die laaste paar weke op die plaasvervangersbank was, ’n kans in die beginspan te gee. Hy is ook iemand wat goed vertoon in die oefeninge.”

Getroue Griekwas-ondersteuners sal bly wees om Enver Brandt se naam onder die plaasvervangers te sien. Die 29-jarige Brandt, ’n vleuel, het nie ’n padkaart nodig na die doellyn nie.

Hy het ’n skouerbesering in die Poubloues se eerste kragmeting van 2019 se Curriebeker-reeks, teen die Haaie in Durban, opgedoen. Hy moes toe geopereer word.

Griekwas: James Verity-Amm, Daniel Kasende, Berton Klaasen, Johnathan Francke, Eduan Keyter, Tinus de Beer, Zak Burger (k), Johan Momsen, Stefan Willemse, Gideon van der Merwe, Cameron Lindsay, Adré Smith, Ewald van der Westhuizen, HJ Luus, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS (uit): Monde Hadebe, Andrew Beerwinkel, John-Roy Jenkinson, Mzwanele Zito, Carl Els, Theo Maree, André Swarts, Enver Brandt, Bandisa Ndlovu, Ewan Coetzee, Masixole Banda.

Meer oor:  Kimberley  |  Leeus  |  Griekwas  |  Johan Momsen  |  Curriebeker-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.