Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas stel Brandt as hulpafrigter aan

Griekwas het sy afrigtingspan vir die nuwe rugbyseisoen uitgebrei met die aanstelling van Brendell Brandt as hulpafrigter.

Brendell Brandt is aangestel as hulpafrigter van Griekwas. Foto: Griekwas/Facebook

Brandt is laat in 2020 aangestel as hoofafrigter van die Griekwas-rugbyinstituut. Hy sal steeds ook in dié pos dien, sy pligte word net uitgebrei.

Benewens na die agterlyn omsien, sal Brandt ook verantwoordelik wees om die individuele vaardighede van die spelers te slyp.

Brandt is geen onbekende in Kimberley nie, hy het immers die Poubloues en ook die Pumas en Bulle in sy speeldae verteenwoordig

Hy sal egter nie die Poubloues dié naweek na Durban vergesel nie. Die Noord-Kapenaars kom Sondag daar teen die Haaie in hul eerste wedstryd van die seisoen in die voorbereidingsreeks te staan.

Sy afwesigheid die naweek in Durban is omdat die rugbyinstituut Maandag sy eerste studente in die Diamantstad verwelkom en Brandt moet seker maak dat alles daarvoor gereed is.

Brandt se aanstelling sal Scott Mathie, afrigter van Griekwas, die geleentheid gee om meer te fokus op sy rol as hoofafrigter. Mathie het verlede seisoen die span se agterlyn gebrei.

Meer oor:  Hulpafrigter  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.