Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Griekwas swyg soos graf oor Zak

In Kimberley word geswyg oor hardnekkige gerugte dat die Bulle op die spoor van Griekwas se voorslag-skrumskakel Zak Burger is.

Die gerugte doen sedert verlede week die ronde dat Burger in Jake White, afrigter van die Bulle, se visier is om hom in die Jakarandastad te vestig.

Zak Burger in aksie vir Griekwas teen die Leeus in ’n Curriebeker-wedstryd in 2020 in Kimberley. Foto: Gallo Images

Ivan van Zyl wat Pretoria later vanjaar gaan verlaat om in Engeland te gaan speel, sal ’n vakature vir ’n skrumskakel by White-hulle laat ontstaan.

Maar Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie, wou nie Maandag enige kommentaar lewer nie.

Nie op Burger se moontlike vertrek, of die moontlikheid dat die Westelike Provinsie se senter Michal Haznar op pad na die Diamantstad is nie.

Rapport het die naweek berig dat Haznar (27), wat in 2019 vir die Poubloues gespeel het, gretig is om as leenspeler vir die Noord-Kapenaars uit te draf. Dis omdat hy in die Kaap maar min speelkans kry.

Vir Griekwas sal dit ’n slag wees as Burger (22) wel vir die unie verlore is. Hy speel sedert 2018 in Kimberley en word as een van die senior spelers in die span beskou.

In die 2020-seisoen het hy nie net die aandag getrek met sy kanniedood-manier van speel op die veld nie, maar hy het ook as ’n sterk leier na vore getree. Burger, ’n oudleerling van Paarl Gimnasium, het die Poubloues vir die grootste deel van verlede seisoen aangevoer.

Griekwas het twee ander skrumskakels, die ervare Stefan Ungerer en Raegan Oranje, op sy boeke. Ungerer se deugde is welbekend terwyl die ietwat onbekende Oranje tevore vir Tuks in die Varsitybeker-reeks gespeel het.

Meer oor:  Zak Burger  |  Ivan Van Zyl  |  Jake White  |  Griekwas  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.