Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
GW trek Francke nader om WP te tem

In ’n poging om die Westelike Provinsie hok te slaan, het die Griekwas se afrigtingskorps die ervare Johnathan Francke en die ysterman Janu Botha vir die twee spanne se Curriebeker-wedstryd nadergetrek.

Francke sal die Noord-Kapenaars se nr. 12-trui dra, terwyl Botha Woensdag in Kaapstad op vaskopstut sak.

Die Poubloues se beginspan toon sewe veranderinge (en twee posisionele skuiwe) van die opdrafspan wat Vrydag teen die Pumas vasgeval het.

Die ervare Johnathan Francke sal Woensdag Griekwas se middelveld saam met Jay-Cee Nel teen die Westelike Provinsie beman. Hier is hy in Maart in aksie teen die Pumas in ’n kragmeting van die voorbereidingsreeks in Kimberley. Foto: Gallo Images

Voorlangs is dit ’n splinternuwe voorry, met Botha, Janco Uys en Mox Mxoli wat by Andries Schutte, HJ Luus en Andrew Beerwinkel oorneem. Op slot vervang die ervare Mzwanele Zito (32) vir Jeandré Leonard.

Scott Mathie, afrigter van die Poubloues, het die lostrio geskommel, met die kaptein, Ruan Steenkamp, wat van die kant van die skrum na agtsteman skuif in die plek van Hanru Sirgel. Sirgel vervang Sibabalo Qoma op sy beurt in die nr. 7-trui, terwyl Gideon van der Merwe die ander flank sal wees.

Die deurwinterde Francke (35), wat al meer as 90 wedstryde vir die Noord-Kapenaars gespeel en bekend is vir sy goeie verdediging, neem by André Swarts oor, wat las van harsingskudding het.

Dan sal die veelsydige Ashlon Davids die laaste vesting beman, met Masixole Banda wat ’n ruskans kry.

“Dit is wonderlik om die ervare Johnny (Francke) terug te hê,” sê Mathie.

“Hy is baie fisiek en dit gaan nodig wees teen die baie sterk WP. Ashlon kry ook ’n kans. Hy is ’n baie veelsydige speler en is iemand wat enige plek in die agterlyn kan speel. Ek sien uit na sy spel op die aanval.”

Mathie besef dat as sy span enigsins hond haaraf wil maak, dit belangrik is dat die skrums reg funksioneer. Botha het in die Varsitybeker-reeks vir die Ixias ’n paar spanne grys hare besorg en onlangs teen die Vrystaat-Cheetahs sy man in die skrums gestaan.

Sy direkte teenstander Woensdag is Ali Vermaak.

Griekwas: Ashlon Davids, Daniel Kasende, Jay-Cee Nel, Johnathan Francke, Eduan Keyter, George Whitehead, Stefan Ungerer, Ruan Steenkamp (k), Hanru Sirgel, Gideon van der Merwe, Cameron Lindsay, Mzwanele Zito, Janu Botha, Janco Uys en Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS (uit): HJ Luus, Andrew Beerwinkel, Andries Schutte, Jeandré Leonard, Sibabalo Qoma, Raegan Oranje, Tinus de Beer, Ederies Arendse, Tijde Visser, Luyolo Dapula en Christopher Hollis.

Meer oor:  Westelike Provinsie  |  Wp  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.