Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Daar is steeds lig in die tonnel vir Griekwas

Griekwas se rugbyspan was ’n bietjie te eendimensioneel in Saterdag se nederlaag teen die Goue Leeus in die Curriebeker-reeks in Kimberley.

Lekkerte! Gideon van der Merwe, flank van Griekwas, duik oor vir een van sy twee drieë Saterdag in Kimberley. Foto: Emile Hendricks

So sê Brent Janse van Rensburg, afrigter van die Poubloues, nadat die Leeus met 27-26 gewen het.

Met dié oorwinning het die Johannesburgers nie net hul plek in die halfeindronde bespreek nie, maar ook Griekwas se hoop op ’n tuishalfeind verydel. Maar daar is steeds ’n lig in die tonnel.

“Ons was ons eie grootste teenstander veral omdat ons opvangrugby moes speel en boonop het ons dissipline gelol – iets wat die Leeus op die voorvoet geplaas het.

“Ons was bietjie eendimensioneel en wou met al die besit wat ons gehad het gehardloop het. Dit terwyl daar gapings agter die Leeus was waar ons gebiedsvoordeel kon geniet,” sê Janse van Rensburg.

Victor Sekekete, slot van Griekwas, peil op Ross Cronjé, skrumskakel en kaptein van die Goue Leeus, af. Foto: Emile Hendricks

Griekwas het foute op kritieke tye begaan soos toe hulle laat in die wedstryd op die aanval was en ’n aangee van die plaasvervanger-skrumskakel, Christiaan Meyer, die plaasvervanger-stut Nicolaas Oosthuizen teen die arm getref het. Dit was asof die voorryman nie verwag het dat die bal na hom toe gaan kom nie.

En hoewel die nederlaag op ’n ongeleë tyd vir Griekwas kom, kry die span sommer Saterdag die geleentheid om sake reg te stel. Want die twee spanne pak mekaar dan in die halfeindstryd in Johannesburg.

“Ons is steeds in die halfeindstryd – die eerste keer in jare, en het steeds ’n kans. Ons sal net in die komende week moet hergroepeer,” sê die breier.

Die Noord-Kapenaars weet dat hulle die afgelope naweek die wedstryd reeds in die eerste helfte verloor het, met die besoekers wat ná 37 minute met 19-0 voorgeloop het. Slaag hulle Saterdag in die Goudstad daarin om van die eerste minuut af aangeskakel te wees, is daar geen rede hoekom die Leeus nie in hul agterplaas op hok gesit kan word nie.

Puntemakers:

Goue Leeus 27 (19): Drieë: Stean Pienaar (2), Tyrone Green, Madosh Tambwe. Doelskoppe: Shaun Reynolds (2). Strafdoel: Reynolds.

Griekwas 26 (7): Drieë: Gideon van der Merwe (2), AJ le Roux, Wilmar Arnoldi. Doelskoppe: George Whitehead (3).

Meer oor:  Curriebeker-Reeks  |  Kimberley  |  Goue Leeus  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.